Monday, August 30, 2010

Tien seuns wat enduit volgehou het

Sal jy enduit volhou?

Hierdie tien seuns het grootgeword en enduit volgehou. Hulle het die regte pad gekies en nie die maklike pad nie.

Polikarpus was ‘n slaaf maar het sy vryheid prysgegee ter wille van die Here Jesus. Alban was in gevaar maar het nie voor vals gode gebuig nie. John Oldcastle se huis was ‘n wegkruipplek, maar hy het nie sy geloof weggesteek nie. Cranmer was bang vir die dood, maar het tog later gewys dat hy dapper was. George Wishart was in die tronk, maar het Jesus verkondig. James Chalmers het ten spyte van die gevare die Bybel vir mensvreters gebring. Dietrich Binhoeffer het die dood gevrees, maar wou nie stilbly nie. Nate Saint het na die gevaar toe gevlieg, maar geweet dit is die moeite werd. Ivan Moiseyev het die weermag gehoorsaam maar God eerste geplaas. Graham Staines het siek mense gehelp, maar is gedood omdat hy Jesus liefgehad het...

Laat hulle wat enduit volgehou het, jou ook inspireer om nie soos baie manse in die wêreld te maklik tou op te gooi nie!


  • Polikarpus
  • Alban
  • Sir John Oldcastle
  • Thomas Cranmer
  • George Wishart
  • James Chalmers
  • Dietrich Bonhoeffer
  • Nate Saint
  • Ivan Moiseyev
  • Graham Staines

Reddings-aksie in die nag

Ek kan niks sien nie! Alles is donker.
Watse plek is dié?
Waar is ek?
Jeya was net vier jaartjies oud en was vreesbevange toe sy in die donker van die somber tempel probeer rondkyk. Tussen die pilare was 'n reusagtige klipfiguur. Sy sidder toe sy die gesig sien. Dit, het sy geweet, was Kali, die godin van dood en vernietiging.
Hoekom was Jeya hier? en wie sou hierdie klein dogtertjie so hier in die donker gelaat het? Verseker nie die God van liefde nie! Ja, God het 'n vrou gestuur om hierdie kinders te red van vernietiging - Amy Carmichael.
Sy was ook eens 'n klein dogtertjie met lang donker hare en diep bruin ogies. Sy het toe vir die Here gesmeek om haar ogies blou te maak... maar Hy het nie. So, toe Amy afbuk om klein Jeya op te tel en haar te red van 'n lewe van tempel-slawerny, was sy baie bly dat die Here nie haar gebed beantwoord het nie.
Blou oë was nie die oë van Indië nie - Amy se bruin oë was.

EKSTRAS
Om verder oor na te dink * Tydlyn

Thursday, August 26, 2010

Redding vir die Suidsee Eilande


“Hardloop, hardloop, ek moet wegkom,” hyg John terwyl hy 'n pad deur die boskasie veg. Die bedompige hitte het gemaak dat sy wit hemp en sy broek aan sy vel vasgeklou het. Die groot inboorling wat in die teenoorgestelde rigting gehardloop het, was 'n vriend, het hy gedink. Hy het sy lewe gewaag om die nuus na hulle huis toe te bring… en watter verskriklike nuus was dit nie!

“Hulle is van plan om julle almal dood te maak! Julle moet dadelik padgee!”

In die hitte en vogtigheid van die Suidsee Eiland, was John G. Paton ver van sy familie en tuiste, in die koue noordelike klimaat van Skotland. Terwyl hy vlug vir sy lewe, dink hy aan 'n plan van redding… redding vir homself van die gevare om hom, en redding vir die duisende mense wat nog nie die Here Jesus en die liefde van God geken het nie.

Studiegids ingeslote: Om verder oor na te dink.

Lig in Lisuland


Het jy ook soms vrae, twyfel of onsekerhede?

Twyfel jy selfs of die Here werklik bestaan?

ISOBEL KUHN HET.  As 'n jong student het sy baie vrae en twyfel gehad. Sy het selfs besluit om op te hou Bybel lees. Isobel was so verward dat sy besluit het dit was nie meer die moeite werd om te lewe nie. Al wat sy kon doen, was om te pleit om hulp by die God wat sy nie eers seker was, bestaan het nie. “Here,” het sy gefluister, “as daar 'n Here is, as U vir my bewys dat U werklik bestaan, en as U vir my vrede gee, sal ek my hele lewe vir U gee. Ek sal enige iets doen wat U van my vra, gaan waarheen U my stuur en U my lewe  lank gehoorsaam.”

Dit was die keerpunt, en van toe af het Isobel se lewe verander - van 'n lewe van vertwyfeling, na een van vertroue op God. En die Here het aan haar 'n ware passie vir die lewe gegee. Hierdie passie het haar selfs na 'n ander kontinent toe geneem - na Asië toe en na die Lisu mense toe. Dit was Isobel se hoop en begeerte dat hierdie mense die lewe en die liefde sou ontdek wat sy in die Here Jesus ontdek het.

As jy met jou eie probleme en moeilikhede worstel, lees gerus die verhaal van Isobel se lewe en ontdek hoe die Here aan haar vrede en sterkte gegee het.

EKSTRAS
*  Tydlyn
*  Om verder oor na te dink

Na die duisternis - lig

Dit was soos 'n kers wat in 'n donker kamer aangesteek is… en na die duisternis was daar lig! Dit is hoe Johannes Calvyn gevoel het. Hy het grootgeword deur baie leuens te glo, maar nou het hy die waarheid leer ken. Daar is aan hom boeke gegee deur mense soos Martin Luther, en hy het gedebatteer met ander Hervormers, maar hulle kon nie daarin slaag om hom te oortuig dat die Gereformeerde leer Bybels is nie. Uiteindelik het die lig egter in sy hart en verstand deurgebreek en het die Here aan Johannes Calvyn die waarheid getoon. Dit was inderdaad hy wat die boodskap van die Hervorming aan die wêreld geleer het deur sy prediking en geskrifte.

EKSTRAS 
Tydlyn * Om verder oor na te dink * Opsomming van die Gereformeerde Leer

Catherine Mackenzie het meer as 60 boeke vir kinders geskryf. In hierdie reeks sluit dit biografieë in van Billy Graham, Mary Slessor, Hudson Taylor, Joni Eareckson Tada en Richard Wurmbrand. Catherine woon in die Skotse Hooglande.

Die prediker wat versot was op spinnekoppe


Hoewel Jonathan Edwards netsoos enige ander Amerikaanse seuntjie was, was hy tog ook anders.  Die land waarin hy gelewe het, is nie die Amerika van vandag nie  maar was 'n nuwe wêreld vol avontuur en geleenthede. Veldslae en tomahawks was maar net sommige van die opwindende avonture waarin sy gesin gedeel het.

Maar Jonathan was ook versot op die klein dingetjies in die lewe.  In 'n tyd van wetenskaplike ontdekkings, het Edwards die heerlikheid van die Here op die mees volmaakte wyse weerspieël gesien in die natuur.  Sy dagboeke is gevul met sketse van plante, diere en spinnekoppe.  Hy het besef dat elkeen van hulle die skeppende vermoë van die Skepper getoon het.

Sy gedagtes was gevul met vrae en hy het geworstel om antwoorde te vind.

Verstandelik was daar min wat by hom kon kers vashou.  Maar dit was nie sy verbasende intelligensie wat hom van ander seuns van sy ouderdom onderskei het nie. Hy mag na kennis gedors het, maar hy het ook 'n onkeerbare drang na die dinge van God gehad.  Sy genialiteit en sy vermoëns het ingepas by sy geloof en liefde vir die Here Jesus.

Daar sou 'n tyd aanbreek dat die Verenigde State van Amerika sou terugkyk op hierdie man wat so briljant was, as iemand wat onmiskenbaar 'n invloed uitgeoefen het as 'n grondlegger van hulle land.

EKSTRAS 
Tydlyn * Om verder oor na te dink * Aanhalings van Jonathan Edwards

Christian Timothy George het ook die biografie van Charles Haddon Spurgeon geskryf in die Baanbreker Reeks.

Tien dogters wat enduit volgehou het



Sal jy enduit volhou?
Hierdie tien dogters het grootgeword om vroue te wees wat enduit volgehou het. Hulle het die regte pad gekies en nie die maklikste pad nie. Blandina het ‘n Christen geword, en toe ‘n martelaar. Perpetua het haar babatjie afgegee voordat sy in die amfiteater gesterf het. Lady Jane Grey het gedoen soos wat sy beveel is, maar wou nie die Here Jesus verloën nie. Anne Askew het haar huis verloor, maar nooit haar geloof nie. Lysken Dirks het haar man baie lief gehad, maar sy het Jesus bo alles liefgehad. Marion Harvey het Christus ontdek, en hom tot die dood toe gevolg. Margaret Wilson was ‘n voortvlugtige vir Jesus, maar het enduit vir die Here opgestaan. Judith Weinberg het die Here liefgehad, al het dit haar lewe gekos. Betty Stam het gevaar in die oë gekyk en vir Jesus gelewe. Esther John het haar lewe vir Jesus gegee en vir hom gesterf.
  • Blandina
  • Perpetua
  • Lady Jane Grey
  • Anne Askew
  • Lysken Dirks
  • Marion Harvey
  • Margaret Wilson
  • Judith Weinberg
  • Betty Stam
  • Esther John

Wednesday, August 25, 2010

Tien seuns wat die wêreld verander het


Sal jy daarvan hou om die wêreld te verander?
Hierdie tien seuns het! Vind uit hoe Eric die wedloop gewen het en die Here geëer het; David het ‘n ontdekkingsreisiger geword en die Bybel verduidelik; Adorinam was in die tronk en het die Here geprys; Nicky het by bendes aangesluit en toe by die kerk; Luis is deur die Here verander an het ander verander; William het die Bybel vertaal en Gods Woord aan Indië gegee; George het weeskinders gered en is vertrou met miljoene Rande; Andrew het Bybels na Rusland gesmokkel en het hoop vir duisende mense gebring; John het slawe aangekeer, maar die Here het hom ook gebruik vir hulle vrylating; Billy het gepreek en die Here het hom gebruik om mense oor die hele aarde heen te verander


  • Billy Graham
  • Broer Andrew
  • John Newton
  • George Muller
  • Nicky Cruz
  • William Carey
  • David Livingstone
  • Adorinam Judson
  • Eric Liddell
  • Luis Palau

Tien dogters wat die wêreld verander het

Sal jy daarvan hou om die wêreld te verander?
Hierdie tien dogters het! Lees hierdie boek en vind uit hoe Corrie lewens gered het en Jesus liefgehad het; Mary babatjies gered het en sondes bestry het; Gladys 100 kinders beveilig het en die Here vertrou het; Joni oorlewe het en die Here gedank het; Amy nooit moed opgegee het nie; Isobel vir ander van Jesus geleer het; Evelyn die Here gehoorsaam het; Jackie liefde bewys het; Elizabeth die Here gevolg het en die reg aan haar kant gekry het en Catherine haar moue opgerol het om hawelose mense te help.

  • Gladys Aylward
  • Mary Slessor
  • Isobel Kuhn
  • Elizabeth Fry
  • Jackie Pullinger
  • Amy Carmichael
  • Joni Eareckson Tada
  • Catherine Booth
  • Corrie Ten Boom
  • Evelyn Brand

Wednesday, August 18, 2010

Tien dogters wat geskiedenis gemaak het


Sal jy daarvan hou om geskiedenis te maak?

Sal jy daarvan hou om jou wêreld te verander? Hierdie tien dogters het grootgeword en presies dit gedoen! Vind uit hoe Mary Jane gebid het en jong dames gehelp het; Emma het astronomie bestudeer en ‘n lektor in Bybelkunde geword; Florence het ‘n verpleegster geword en ‘n nuttige lewe gelei; Lottie het min gedink van sendelinge, en tog self een geword; Ida het van plan verander en toe vir Indië verander; Henrietta het groot gedroom en boeke geskryf; Bessie het ‘n sendeling gewordin ‘n karavaan wat deur ‘n perd getrek is; Betty het in die Tweede Wêreldoorlog vliegtuie gevlieg; Elisabeth se man is vermoor, maar sy het sy moordenaars vergewe en Jeanette het ‘n Christen geword en vir haar eie mense van die enigste ware God vertel.
  • Florence Nightingale
  • Henrietta Mears
  • Mary Jane Kinnaird
  • Elisabeth Elliot
  • Ida Scudder
  • Betty Greene
  • Jeanette Li
  • Bessie Adams
  • Emma Dryer
  • Lottie Moon

Tuesday, August 17, 2010

Tien seuns wat geskiedenis gemaak het

Sal jy daarvan hou om geskiedenis te maak?


Sal jy daarvan hou om jou wêreld te verander? Hierdie tien seuns het grootgeword en presies dit gedoen! Vind uit hoe Samuel vir mense gewys het dat liefde beter werk as vrees; John het vriende gemaak met magtige regeerders en nederige ambagsmense; Jonathan het die Rooi Indiane gehelp en later ‘n professor by Princeton geword; George het vir duisende mense oor Verlossing gepreek, en baie gedoen om kinders te red; Robert het sy broer verloor, maar die Here gevind; Dwight het skoene verkoop en toe vir kinders in ‘n karavaan geleer; Billy was eers ‘n professionele sportman en toe ‘n Evangelieprediker; Charles het in ‘n sneeustorm tot bekering gekom en toe vir die wêreld van Jesus vertel; Aiden het hanslammertjies gered, en daarna het die Here Jesus hom gered; Martyn het ‘n dokter geword, en toe ‘n beter medisyne vir mense se siele gevind.

  • Robert Murray McCheyne
  • Martyn Lloyd-Jones
  • George Whitefield
  • Carles Spurgeon
  • Jonathan Edwards
  • Samuel Rutherford
  • D L Moody
  • Billy Sunday
  • A W Tozer
  • John Owen

Boekelys

Volledige lys boeke in hierdie blog

Abraham Kriel Children’s Home - Recipe Book
Abraham Kriel Kinderhuis - Resepteboek
Ansie Cornelius Liebenberg - Republiek van Tarentaal
Brian Cosby - 'n Hart vir Verlorenes
Dr. Ado Krige, PhD - Make your stand
Alan Elsdon - Die lang Generaal
Alan Elsdon - The Tall Assassin
Alexander Kok - Not Particularly Attractive People?  
Annette Holtzhausen - Kom ons praat daaroor
Annette Holtzhausen - Let’s talk about it 
Anna-Mariè van Jaarsveld - Die Avonture van Massimo, die Perdjie
Annie Coetzee - I Think, I Feel, I am
Carina Francke - Sandgrond 
Catherine MacKenzie - Na die duisternis - lig
Catherine MacKenzie - ‘n Vlam in die hare en ‘n vlam in die hart
Charles Skeen - Soutpansberg Kommando
Chris Visser - Die Oorlog van die Woedende Draak teen die Vrou
Chris Visser - Ja! vir SENDING! Meer lof vir God.
Chris Visser - So het God my geroep
Chris Wehrman - Ambasadeurs vir die Koninkryk vabn God
Chris Wehrman - Operational Manual for the Kingdom of God
Chris Wehrman - Noodlyn
Christian Timothy George - Die prediker wat versot was op spinnekoppe
Christopher Catherwood - Van Wallis tot Westminster 
Crafford CP - SA Criminal Law
Crafford CP - SA Strafreg
Cobus Erasmus - S.T.U.K.K.E.N.D
Derick Spies - SA Rugby Captains 1891 - 2010
Derick Bingham - Die Storieman
Dr Andre Sinden - Health Won
Dr. Cival Mills - This too will pass  
Dr Hennie Prinsloo - Wederkoms van Christus en die Eindgebeure
Dr Hennie Prinsloo - Die Boek Openbaring
Dr. Hennie Prinsloo - Die sewe kruiswoorde van Jesus
Dr. Hennie Prinsloo Die twaalf dissipels van Jesus
Dr. Willie Marais - A Biblical view of the cosmos – The earth is stationary  
Dr. Willie Marais - Die Bybel is nog altyd reg  
Dr. Willie Marais - The Glory of our Salvation  
Dr. Willie Marais - Psalmjuwele vir vandag
Di-Di Hoffman - The South African Herb Growers Guide  
Danie Steyn - As die uurglas leegloop
Danie Steyn - Die Rol van JESUS in my lewensverhaal
Danie Steyn - Die ewigheid en jy!
E. Grobler - As Jesus Vetoef Om Te Kom!
Ernst de Villiers - Die v*k#n Afrikaner
Gert C. Joubert - Knapsak boodskappe vir Saalopeninge en ander Geleenthede
Gerhard Smook - Geesgedrewe Heersers
Greg Ellis & Ben Potgieter - A Walk in a Forester's Boots - Fire
Hanno den Boer - In die Kloue van die Draak 
Hans Bornman - Cockney Liz, Legendary Barmaid of Barberton 
Hennie van Deventer - Barefoot Amongst Africa's Wildlife
Herculus Pienaar - Weeskind tot Erfgenaam
Prof Herman Conradie - Matchless Stories for Matchless Living 
Irene Howat - Die Kinders Se Held
Irene Howat - Gevaar in die Strate van Goud
Irene Howat - Lig in Lisuland
Irene Howat - Kaptein Van 'n Slaweskip
Irene Howat - Tien Dogters wat die wêreld verander het
Irene Howat - Tien Seuns wat die wêreld verander het
Irene Howat - Tien Dogters wat enduit volgehou het
Irene Howat - Tien Seuns wat enduit volgehou het
Irene Howat - Tien Dogters wat geskiedenis gemaak het
Irene Howat - Tien Seuns wat geskiedenis gemaak het
Irene Howat - Tien Dogters wat met hulle talente gewoeker het
Irene Howat - Tien Seums wat met hulle talente gewoeker het
Irene Howat - Tien Dogters wat 'n verskil gemaak het
Irene Howat - Tien Seuns wat 'n verskil gemaak het
Izak A Coetzee - Doodskontrak
Izak A Coetzee - 30 Uur van Haat
Izak A Coetzee - Kolos
Izak A Coetzee - Moira
Izak A Coetzee - Splinters van die Spieel
Izak A Coetzee - Sag vlieg die Doodsuil
Jaco Strydom - 4 Beautiful Years
Jaco en Erika Mostert - Die draadwerk van jou huwelik
Jannie Bekker - My Groen Dagboek, My Biography of Schizophrenia
Jannie Louw - Bad Blood
Jannie Louw - Shattered Dreams
Joey Pienaar - Dis mos kos
Johan Green - As die dood intree, 'n Praktiese handleiding
Johan Green - When death enters your home
Johan van Coller - Agter Verre Horisonne
Johan Wentzel - Waar is my tiekie
Johann Wentzel - Where is my Tickey?
Johann Wentzel - Ek het my Tiekie gevind
Johann Wentzel - I have found my Tickey
Johann Wentzel - E-mails from Ireland
Kathy le Cordeur - Home Education
Kay Walsh - Redding vir die Suidsee Eilande
Kay Walsh - Reddingsaksie in die nag 
Len Els - Bosbundel
Len Els - Aquila Muscas
Leon Martins - Soldate wat wou marsjeer
Lynette M Adlem - Their Stories. Lesser known Bible Characters
Lynette M Adlem - Aran
Marius Shammah - 'n Koevoet vir Christus 
Marianne Swanepoel - Die Klein Pelgrim se Reis
Myrna R Grant - Geen berg te hoog nie
Nesta le Roux - Kinders van die Blink Môrester 
Nicolette Steel - Abaja Snaakse Storie
Paul Els - We Conquer from above
Paul Els - Heights - Volume 1&2
Paul Els - 4 SADF
Paul Els - Ongulumbashe
Paul Els - Paratus
Piet Schoombie - Weldade en Misdade
Piet Schoombie - Afgode
Piet C. Swanepoel - Genl Jan Smuts
Piet C. Swanepoel - Musings of a Modest Spy-fellow
Pieter Strobos - Chrisjan word 'n visserman 
Prieur du Plessis - Jabo - die Avonture van 'n seun op die weg na Jesus
Prieur du Plessis - En Jesus het gese
Prieur du Plessis - Die Handelinge van Jesus
Dr. Pixie du Toit - Parental skills in a nutshell
Dr. Pixie du Toit - Ouerskapvaardighede in 'n neutedop
Roelf Opperman, Fritz Snyman en Roger Greenaway - Ervaringsleer kook!  
Roelf Opperman, Fritz Snyman en Roger Greenaway - Reviewing really rocks!
Roelf Opperman, Fritz Snyman - Toolkit
Susanna Wyers - Nooit is vergangklik
Spurgeon C.H - Die prins van Predikers
Swanepoel P.C. - Generaal Jan Smuts
Theo van der Lingen - Sukseswoordeskat deur die Eeue
Tom Moodie - Die Saambou Debakel
Tiaan Gildenhuys - Maak Skoon Jou Huis - Hersien
T.M. Hart - van Swaard na Skaar...
Van Straaten & Heymans - Generaal M.C.W. Geldenhuys
Viviers S.S. - Healed to Proclaim and Restore
Viviers S.S. - Built on the Rock
Willie Botes - Botes Stamregister & Kwartierstaat 
Weila-Marie Strydom - Godgegewe Genade - 366 Dagstukkies
W. Meyer - Magaliesberg Kaleidoskoop
Xander Grobbelaar - Probability Factor