Friday, February 18, 2011

Tien Dogters Wat 'n Verskil Gemaak Het

Sal jy graag ‘n verskil wil maak?

Dit is wat hierdie tien dogters gedoen het toe hulle groot geword het - Susannah se kinders het hulle land verander; Monika se seun het die kerk verander; Ann se romanse het Burma van die liefde van Jesus vertel; Edith is gebruik om ‘n kontinent te verander; Katharina het uit verdrukking ontsnap en haar wêreld verander; Susannah het na ‘n prediker geluister en self die Evangelie gepubliseer; Bethan het ‘n dokter ontmoet en toe gehelp om mense se siele heel te maak; Maria het haar ouers verloor, maar Sjina gevind; Sabina is in die tronk gegooi vir haar geloof, maar toe geveg om ander Christene te bevry; Ruth het haar lewe in Sjina begin, maar die Here het haar uiteindelik om die wêreld geneem met Sy boodskap.

Thursday, February 17, 2011

Gevaar in die Strate van Goud

BURMA WAS 'N LAND VAN MISTERIE EN AVONTUUR - OOK 'N LAND VAN ARMOEDE, SWAARKRY EN GEVAAR.

Adoniram Judson was 'n jong man met baie potensiaal, vasberade onafhanklik en 'n Amerikaner… hy het planne gehad, groot planne maar Burma was hoegenaamd nie deel daarvan nie.

Die lewe was goed vir Judson. Hy was slim, afkomstig van 'n goeie familie en sy opvoeding was uitstekend, maar sy kop het net in een rigting gestaan: om ryk en beroemd te word.

Selfs nadat Adoniram sy geloof in God opgesê het, het die Here hom nie verlaat nie. Toe Judson planne gehad het om ver van sy liefdevolle gesin af weg te gaan, het die Here planne gehad om hom terug te bring huis toe en hom na die ander kant van die wêreld toe te stuur - na Burma toe. Hoe het Adoniram Judson dan Amerika se eerste oorseese sendeling geword, en hoe het hy ontsnap uit die hande van gevaarlike seerowers? Jy sal in hierdie boek van sulke en ander opwindende avonture kan lees.

Jy sal nie net lees van avonture, romanse en intrige nie… jy sal ook ontdek hoe moeilik 'n sendeling se lewe kan wees en hoe die Strate van Goud ook 'n geheim verberg - 'n geheim van vrees en gevaar.

Hoe om 'n boek te bestel

Stuur vir ons 'n epos en ons tree sommer vinnig met jou in verbinding

epos@groep7.co.za