Tuesday, April 19, 2011

“Waar is my tiekie?” 'n Reis deur my jeug.


Die lewe is goed vir my… Ek is 'n kind van Namibië.
En ek weet alles...
  Waarom daar niks heiligs is omtrent Okahandja se kraanwater nie.
  Hoekom ek en Marinette moes omdraai.
  Die Oer-Son moes sterf.
  Boesmans trek as dit reën in die woestyn.
  Dit beter is om te sterwe as om dood te gaan.
  Daar te min god is.
  Waarom daar nog koedoes oor is in Namibië.
  Daar 'n stoffie op die maan uitgeslaan het.
  My weermagjaar 'n goeie jaar was.
  Waarom ek net die sagste dubbellaag wit toiletpapier koop 
en nie appelkooskonfyt eet nie!
  Waar 'n meisie se gaatjie sit…
Wat ek nie geweet het nie, wat ek eers uitgevind het toe ek al amper vyftig was, is dat ons arm was.

Lariza van Niekerk:
"Waar is my tiekie” lees baie lekker en gemaklik, en dit is altyd vir my die beste maatstaf. Ek wil nie worstel deur iets wat ek lees nie... mens worstel genoeg met die lewe! Die stories is interessant en ek hou daarvan hoe daar meestal in een vertelling twee storielyne parallel ontwikkel. Dit hou mens se aandag gevange. Die taalgebruik is natuurlik en pas by die tipe vertellings. Die resultaat is 'n knus, lekkerleesbundel, nie net vir die skrywer se familie en vriende nie, maar waarin enigiemand wat belangstel in daardie tipe literatuur hom kan verlustig.

Weeskind tot erfgenaam! Hercules Pienaar


My naam is David HERCULES Pienaar, wat beteken ek is God se geliefde, vreugdevolle, ryk jong man! Ek is 41 jaar jonk en sal in Julie 2011 nou 10 jaar getroud wees met die liefde van my lewe, Dorette MARGUÉRITE  Pienaar! 

Ek is net 'n klein, klein seuntjie met 'n GROOT, GROOT Abba Vader! Ek was 'n geestelike weeskind, maar nou is ek 'n erfgenaam seunskind van Pappa. 

Ek bid dat wanneer jy die boek lees jy ook sal verander in jou gees en denke om God se onvoorwaardelike liefde te aanvaar, ervaar en uit te leef!

When death enters your home


Do you have little or no knowledge to organize a beloved relative’s funeral and/or cremation on your own?
Have you been exploited by an undertaker in the past?
Funeral and cremation irregularities are sharply addressed by the author.
Many provoking questions, especially with regard to cremations, are answered CLEARLY and TRUTHFULLY.
Legal provisions are explained fully and consistently throughout this Guide

Tien seuns wat ‘n verskil gemaak het.


Sal jy graag ‘n verskil wil maak?

Dit is wat hierdie tien seuns gedoen het toe hulle grootgeword het - maar die kerk moes eers verander word. Hoe het die Here hulle verander? Augustinus het die liefde van God ontdek, en ‘n verskil gemaak in hoe ons daaroor dink; Knox het op die woord van God gefokus, en aan sy land die waarheid vertel; Luther het God se waarheid herontdek en dit aan die gewone mense gegee; Calvyn het besef dat verlossing ‘n gawe van God is, en nie ‘n beloning vir wat hy gedoen het nie; Tyndale het verlang daarna om die Bybel te druk in ‘n taal wat almal kon verstaan; Latimer het mense aangemoedig om self die Bybel te lees en op die manier baie vyande gemaak; Hus het verkondig dat God die kerk en die wêreld regeer; Zwingli het mense uitgedaag om die Here te gehoorsaam op elke terrein van hulle lewe; Chalmers het die kerk opgeroep om die Here se medelye met armes uit te lewe en Shaftesbury het by die kerk aangedring om die Here Jesus se liefde vir alle mense ‘n werklikheid te maak.

Lees hierdie boek en vind uit wat die Here wil hê jy moet doen!

Tien seuns wat met hulle talente gewoeker het


Wat kan jy vir die Here doen?

Hierdie tien seuns het grootgeword om suksesvolle mans te wees. Die twee dinge wat hulle in gemeen gehad het, was dat hulle veral gebruik gemaak het van die gawes en talente wat hulle gehad het, en dat hulle geglo het dat die Here dit vir hulle gegee het om te gebruik.

Paul Brand het sy mediese kennis na verre lande geneem om hoop te bring vir siekes; Ghillean Prance se liefde vir die natuur het hom na Kew Gardens gelei, waar die skepping vandag nog bestudeer word; C.S. Lewis het die deur na Narnia geopen, en vir baie mense die deur tot geloof; C.T. Studd het uitgeblink op die krieketveld en die sendingveld; Wilfred Grenfell was ‘n ywerige ontdekkingsreisiger in Antartika; J.S. Bach se musiek inspireer vandag nog miljoene mense; James Clerk Maxwell se geloof in die geordendheid van die skepping het tot sleutel ontdekkings in die wetenskap gelei; Samuel Morse se patente het ontwikkel om die lewens van baie mense te red; George Washington Carver kon ‘n lewe van welvarendheid en beroemdheid lei, maar hy het verkies om die Here te volg; John Bunyan was in die tronk, maar het ‘n boek geskryf wat tot vandag toe nog spreek.