Wednesday, January 30, 2013

Geesgedrewe Heersers - G. Smook

Ver terug in die eons van tyd, was daar ‘n voorval in die woonplek van die Allerhoogste, ‘n gebeurtenis so betekenisvol, so verreikend dat dit nog steeds besig is om uit te kring in die geskiedenis van die aarde.
Lucifer, die verligte een, die gerub met uitgespreide vlerke wat beskut; die een wat volkome was in al sy weë van die dag af dat hy geskape was, het hoogmoed in sy hart ontvang. “Ek is ‘n god, ek bewoon ‘n godewoning in die hart van die seë”. Sy hart het hoogmoedig geword oor sy skoonheid en hy het sy wysheid verderwe vanweë sy glans. (Es.28). “Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!” (Jes. 14: 13-14 ). Toe het hy sy binneste met geweld gevul. Hy het sy engele laat aantree, die derde wat aan hom toegedeel was en oor wie hy bevel gevoer het. “Ons oomblik het aangebreek. Die uur het geslaan om die troon van die allerhoogste oor te neem.”

Health Won - Dr Andre Sinden 


This book contains a series of articles originally drawn up as an explanatory aid to people visiting a Health Hydro, promoting  their understanding of why it is necessary for some to experience short term “suffering” in order to function better in the long term. 

The human anatomy can in a sense be compared to that of a motor vehicle; human physiology works not all that differently from a car either: It moves us around and executes some commands from the “driver”, (that is, the brain). Most of the functions, however, happen in the background without us even being aware of them.

It is common practice to regularly “service” a vehicle at predetermined intervals in an effort to contain a failure before it occurs, long before any signs of malfunctioning appears.

Unlike a car, however, the body “issued” to every human is unique, irreplaceable and the only one ever to be granted. Yet it seems as if people are reluctant to attend to their bodies as meticulously as to their cars.

Wednesday, January 16, 2013

Kaptein van 'n Slaweskip - Irene Howat

John het gestaan en kyk hoe van die grootste golwe wat hy nog ooit gesien het, teen die skip gebreek  het.  Daar was skaars 'n tree tussen die lewe van die jong kaptein van die slaweskip en die dood  en hy het dit wel deeglik besef.  Maar sy paniek en vrees het hom net aan homself laat dink; nie 'n enkele gedagte aan die honderde mans, vroue en kinders wat in die buik van die skip vasgeketting was nie.  Maar die Here het nog steeds sy gebede gehoor asook dié van die mense wat in hulle smart gepleit het om genade en regverdigheid.  Dieselfde man wat hulle as slawe verkoop het, sou kort voor lank dié een wees wat vir hulle vrylating sou veg.  John Newton was een van die slawehandelaars wat die ergste onreg teen die mense van Afrika gepleeg het; hy het die oseane deurkruis om geld uit hulle ellende te maak  maar uiteindelik is sy eie lewe verander en hulle s'n ook.

Die Kinders Se Held - Irene Howat

Ek kan niks sien nie! Alles is donker.
Watse plek is dié?
Waar is ek?
Jeya was net vier jaartjies oud en was vreesbevange toe sy in die donker van die somber tempel probeer rondkyk. Tussen die pilare was 'n reusagtige klipfiguur. Sy sidder toe sy die gesig sien. Dit, het sy geweet, was Kali, die godin van dood en vernietiging.
Hoekom was Jeya hier? en wie sou hierdie klein dogtertjie so hier in die donker gelaat het? Verseker nie die God van liefde nie! Ja, God het 'n vrou gestuur om hierdie kinders te red van vernietiging - Amy Carmichael.
Sy was ook eens 'n klein dogtertjie met lang donker hare en diep bruin ogies. Sy het toe vir die Here gesmeek om haar ogies blou te maak.......maar Hy het nie. So, toe Amy afbuk om klein Jeya op te tel en haar te red van 'n lewe van tempel-slawerny, was sy baie bly dat die Here nie haar gebed beantwoord het nie.
Blou oë was nie die oë van Indië nie - Amy se bruin oë was.

The Tall Assassin - Allen Elsdon

General Hendrik van den Bergh, the former head of the Security Police and later head of the Bureau of State Security (BOSS), was for many, the most feared man in South Africa. He was brilliant and a noted personality among Cold War spies. Locally he reigned in terror and this book, by a former member of the Security Police, implicates him in a large number of murders, some sensational to this day.
They include:
The assassination of Dr HF Verwoerd (Prime Minister of RSA)
The death of Nic Diederichs (State President of RSA)
The death of Steve Biko (Black Consciousness leader)
The assassination of Anton Lubowski (Executive member of SWAPO)
The assassination of Prof. Johan Heyns (Dutch-Reformed theologian).

One of the most intriguing murders to which this book links Van den Bergh are the deaths of National Party candidate Dr Robert Smit and his wife in 1977. The author offers a compelling yet convincing explanation for the meaning of the mysterious words painted at the murder scene: “RAU TEM” and provides photographs to support his assertion.

“Shock revelations in fusion of truth and fiction.” - Rapport
“This is a political thriller seldom found.” - Ockie Geyser (Professor, Univ. OFS)
“It is a book I was unable to put down.” - Francoise Steynberg (Republican)
“SA's own Da Vinci Code.” - Graham Shelton (Former member of the UIIS)

Alan D Elsdon joined the South African Police in 1973 and served in various positions. In 1978 he became a cryptographer in the Security Police and after a spate of bomb blasts in the Eastern Cape, became the

Paratus - Paul Els

The SA Army College building known as the Paratus building is the most historical Military building in Thaba Tshwane.
Many soldiers’ attended courses in Paratus and it is estimated that over 1900 Military officers took part in the 78 SA Army Staff Duties Courses presented at the College.

Ongulumbashe - Paul Els

Paul Els se weergawe van die militêre stryd in Suidwes-Afrika skets op ‘n gesaghebbende wyse hoe hierdie stryd ontstaan en ontwikkel het. Dit toon hoe die SA Polisie van die vroegste tye af in die stryd om politieke mag en staatkundige veranderings vasgevang geraak het. Reeds in 1915 is die Zuid-Afrikaanse Politie (ZAP) aan die sy van genl Botha in Suidwes-Afrika. Soos die geskiedenis aanstap en die stryd om politieke mag en verandering toeneem, word die Suid-Afrikaanse Polisie telkens ingespan om enige vorm van bedreiging af te weer. Teen wil en dank word die klassieke rol van die SA Polisie en die beginsel van minimum geweld wat vir alle polisiedienste wêreldwyd geld, verander om die eise van terreur die hoof te bied. Die aanval op Ongulumbashe illustreer op kleurvolle wyse hoe die rol van die SA Polisie in die stryd verander het.

4 SADF - Paul Els

Each operation has its own story and its own heroes.
Operation Swivel is he first Operation where in the first qualified SA Paratroopers took part in.

Operation Hurdle must have been the first Operation to investigate USSR involvement into Southern Africa by an South African Army element.

Operation Dikmelk was a operation where not one shot was fired or any enemy seen.

Operation Super, was an unexpected operation with possibly the most insurgents killed in one day by a small group of soldiers from 32 Battalion and gunships.

Heights - Vol 1&2 - Paul Els

An old saying is that all roads lead to Pretoria, but for soldiers it leads to the Heights.

This military town has a rich history. Many soldiers have memories of hard training an great sport achievements during their time spent at the Heights.

'n Hart vir Verlorenes - Brian Cosby

Die lewe op die Amerikaanse voorposte in die vroeë 1700's was baie moeilik: daar was die voortdurende bedreiging van siektes, aanvalle deur Indiane en die bitter koue winters.  Die Engelse en die plaaslike Indiane het langs mekaar gewoon, en dit het dikwels tot skermutselings gelei.  David Brainerd was egter 'n vreeslose sendeling wat met 'n hart van liefde na 'n hele aantal Indiaanse stamme in Amerika uitgereik het.   Hy het te perd deur riviere, oor berge en deur dorpe gereis om die Evangelie van die Here Jesus aan verlorenes, lydendes en gebrokenes te bring.
  In hierdie boek neem Brian Cosby die leser op 'n reis vanaf David se tienerjare op die plaas tot by sy verbanning uit Yale universiteit; vanaf sy prediking op die voorposte tot by sy dood in sy laat twintigerjare.  Die leser sal bemoedig, geïnspireer en uitgedaag word deur die deursettingsvermoë en onkreukbare toewyding van David Brainerd, die vroeë Amerikaanse sendeling onder die Indiane.

Brian Cosby is 'n predikant van die Presbiteriaanse Kerk van Amerika.  Hy het verskeie boeke geskrywe waaronder ook John Bunyan:  Die Reis van 'n Pelgrim, in die Baanbrekers-reeks, en gaan voort om artikels vir verskillende tydskrifte te skryf.

Sag Vlieg Die Doodsuil - Izak A. Coetzee

“Dis die taal van die skemerwêreld. Dis die taal van die slums. Dis die taal van drug lords en mafia. En dis hoe jy hulle uitroei. Nie met hofsake en tronkstraf nie. Soos een ou geskryf het na aanleiding van die onlangse onthoofding van Marisol Castaneda, 'n joernalis in Nuevo Laredo, deur die Zeta-kartel: If you're going to call it a "war on drugs" fight it as a war - don't investigate and arrest, seek and destroy.”

Elim de Loorn is op die jag uit na die dwelmkartelbaas, Leslie 'Bartello' Brown en sy mede dwelmbase. Hierdie keer span hy saam met baasspeurder, Kaptein Mol Ferreira, van Moord en Roof in Pretoria. Die spanning is voelbaar vanaf die eerste oomblik nadat die lyk van die dwelmbaron, Joshua Gilbert, in sy luukse woonstel aangetref is. Gilbert se keel is met 'n slagtersmes afgesny en dit lyk na 'n moord uit weerwraak teen Gilbert. Gilbert het egter 'n baie lang rekord
van misdrywe in die skemerwêreld van dwelms en kinderslawehandel. Elim is die Interpolagent wat jagmaak op hierdie misdadigers en Mol Ferreira roep sy hulp in. Saam moet hulle die bykans ontoeganklike vesting van die Brown-kartel in Honeydew aandurf.

Die Storieman - C.S. Lewis

Avonture in ander wêrelde en geheimnisvolle stories – dit het die jong Clive Staples Lewis gefassineer. Hoewel hy nog maar 'n klein seuntjie was, kon hy vir ure lank stories sit en uitdink van diere wat lewendig geword het en soos mense gelewe en gepraat het. Sy skoolloopbaan was nie met rose besaai nie, maar hy het groot geword om die wêreld se bekende skrywer, C.S. Lewis te word – hoewel hyself verkies het om as Jack bekend te staan.

Om agter die geheim van hierdie naamsverandering te kom asook agter die idees agter sy stories, sal jy hierdie lewensverhaal van een van die mees geliefde moderne skrywers moet lees.

Lewis se bekendste kinderboeke is die Verhale van Narnia. As jy hulle geniet het, sal jy graag wil hoor hoe dit gekom het dat hulle geskryf is. J.R.R. Tolkien het elke hoofstuk eers gelees en daarop kommentaar gelewer, netsoos hy elke hoofstuk van The Lord of the Rings voor publikasie aan Lewis voorgelees het.

Lewis het ook 'n gawe gehad om vir grootmense te skrywe, en van die beste boeke in die Engelse taal kom uit sy pen. Daarbenewens was hy 'n populêre programaanbieder oor die radio. Boonop was hy 'n professor in letterkunde eers by Oxford en later by Cambridge Universiteite.

Sy dood in 1963 is vergeet omdat dit dieselfde dag was as die sluipmoord op Pres. John F. Kennedy van Amerika, maar sy invloed vir geslagte van volwassenes en kinders, lewe voort in sy boeke.

Aran - Lynette M Adlem



Aran het groot planne vir sy toekoms, maar om sy drome te bewaarheid het hy vir Jesus nodig.
Draf saam met die tienjarige Aran op sy fantastiese avontuur op soek na die Messias.
Ontmoet die mense wat sy pad kruis - die wat Jesus self ontmoet het en die wat nie glo voordat hulle Hom nie self gesien het nie.
Verwonder jou saam met Aran aan die 5 broodjies en 2 vissies wat amper tienduisend mense voed. Beleef al sy haat,hartseer, teleurstelling, frustrasie en uiteindelike triomf wanneer hy van aangesig tot aangesig met die Man van Nasareth kom.

Tuesday, January 15, 2013

Maak Skoon Jou Huis - Tiaan Gildenhuys

Daar is heelwat argumente en verskille onder Christene rondom hierdie kontroversiële onderwerp. Kan ons sogenaamde “kontakvoorwerpe” in ons huise hê wat skuilplek bied aan satan se bose geeste? Vanuit sy ondervindings in mense se huise dwarsoor die land, en mense se getuienisse rondom dit, poog die skrywer om kortliks aan die leser uit te wys dat dit wel moontlik is om sulke kontakvoorwerpe in ons huise te bring. Hy wys ook op die bindinge wat sulke voorwerpe op ons of ons kinders se lewens kan plaas.

Lees gerus hoe dit gebeur dat 'n bose gees lêplek kry by so 'n fisiese voorwerp in ons huise, watter tipes kontakvoorwerpe daar kan wees, en ook hoe om van dit ontslae te raak. Lees verder ook wat die Bybel sê oor hierdie tipe kontakvoorwerpe en hoe ons daarmee moet handel.