Afgode - Piet Schoombie
Hierdie is die
aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis
om 'n staanplek vir homself in die lewe af te baken. Die seun was 'n
vondelingbaba en het dus nooit enige ouerliefde ervaar nie. Oënskynlik is daar
ook nie familie wat hulle oor hom ontferm nie. Hy kan dus slegs op sy eie
instinkte en fisieke vermoëns staatmaak. 'n Groepie simpatieke volwassenes probeer hom wel help en bystaan
waar hulle kan. Ongelukkig is daar ook die kansvatters wat hom wil uitbuit en
hulle ten koste van 'n weeskind wil verryk! Hierdie is 'n verhaal van vasbyt en
deurdruk, ongeag allerhande beperkings en terugslae in die lewe.
Tussendeur alles is daar natuurlik ook nog die wêreld se
vele afgode, wat as struikelblokke 'n arm weeskind gereeld treiter. Daar is
darem ook die opwinding van gholftoernooie en die ekstase van eerste liefde vir
twee verskillende skoonhede, die blonde rykmansdogter en die pragtige
hoofmeisie van die hoërskool. Die
simboliek van die buiteblad is van 'n jong man wat 'n nuwe daeraad in sy lewe
tegemoetstap.