Friday, May 17, 2013

Die Republiek van Tarentaal - 

Ansie Cornelius-Liebenberg



Die Republiek van Tarentaal is enig in sy soort in die wêreld, en kom voor op die kampus van die huidige Noord-Wes Universiteit te Potchefstroom, of kortweg genoem die PUK. Dit is ‘n ware republiek met ‘n president en kabinetslede wat hul onderdane, al die Pukke, nuwes sowel as oues, met eg humoristiese studentewysheid regeer.

Afgode - Piet Schoombie

Hierdie is die  aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis om 'n staanplek vir homself in die lewe af te baken. Die seun was 'n vondelingbaba en het dus nooit enige ouerliefde ervaar nie. Oënskynlik is daar ook nie familie wat hulle oor hom ontferm nie. Hy kan dus slegs op sy eie instinkte en fisieke vermoëns staatmaak. 'n Groepie simpatieke  volwassenes probeer hom wel help en bystaan waar hulle kan. Ongelukkig is daar ook die kansvatters wat hom wil uitbuit en hulle ten koste van 'n weeskind wil verryk! Hierdie is 'n verhaal van vasbyt en deurdruk, ongeag allerhande beperkings en terugslae in die lewe.


Tussendeur alles is daar natuurlik ook nog die wêreld se vele afgode, wat as struikelblokke 'n arm weeskind gereeld treiter. Daar is darem ook die opwinding van gholftoernooie en die ekstase van eerste liefde vir twee verskillende skoonhede, die blonde rykmansdogter en die pragtige hoofmeisie van die hoërskool.  Die simboliek van die buiteblad is van 'n jong man wat 'n nuwe daeraad in sy lewe tegemoetstap.

Weldade en Misdade - Piet Schoombie


Hierdie bundel bevat vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies. Sommige daarvan het reeds in 'n e-boek verskyn, maar almal word vir die eerste keer hiermee in gedrukte vorm uitgegee. Die temas van die verskillende geskrifte  in die boek is verteenwoordigend van die eeu oue stryd tussen goed en kwaad. Dit poog om nie net interessant,  opwindend en spannend te wees nie, maar om ook die sosiale gewete van die lesers aan te spreek. Daar is temas van verslawing in verskillende vorms, besoedeling van die natuur en die kuberruimte en van misdaad. Al hierdie verskynsels is soortgelyk aan probleme wat regoor die wêreld voorkom en simptomaties van die hedendaagse lewe is. Daar is ook 'n verhaal met 'n sterk wetenskapsfiksie-inslag.  

Musings of a Modest Spy-fellow - 

P.C. Swanepoel


This book is just a collection of the things the writer has seen or experienced or heard or read about during a relatively long life. Mostly it’s about himself  and his own family and people, the Afrikaners. (Very grudgingly he did devote a chapter to his wife’s English ancestors.)
It needs to be explained why the book was written in English and not in his home language. It started with a piece he wrote at the request of a lady in England about his late father’s illegal medical practice. Obviously this was in English. She suggested further writing and so the thing grew until eventually it has taken it’s present form.

4 Beautiful Years - Jaco Strydom

To those who know him, Jaco Strydom’s name is synonymous with phenomenal courage and inspiration. Always a keen mountain biker, he has successfully completed races including two Absa Cape Epic with his friend “The Pom”. In June 2008 he successfully completed the gruelling Freedom Challenge Race Across South Africa. Up until September 2008 he had had a life that most people would class as near-perfect.
In 2008, this near-perfect life was shaken to the core when Jaco was diagnosed with cancer. “Four Beautiful Years” is the story of his life since that day. Instead of opting to lie down in despair, Jaco got up and has seized each day with a ferocity that leaves one speechless. Planning cycling expeditions between chemotherapy and radiation treatments, solo-circumnavigating Lesotho on his mountain bike, riding Cape to Beit Bridge, and then carrying on to circumnavigate South Africa in 2012...
This is the story of a true hero: a victim who has become the ultimate victor. It will dwell in your heart long after you put the book down, and will inspire you to overcome life’s challenges, one day at a time.
                                                                                                                               Jani Verster - Fellow Mountain Biker

Thursday, May 16, 2013

Soutpansberg - Charles Skeen


Waar kom die trotse lede van Soutpansbergse Kommando vandaan wat deur die afgelope eeu die eenheidsgeskiedenis gevorm het?
Wie was die Boere wat so `n groot deel van die eenheid en die land se voorgeskiedenis gevorm het? Wie was diegene wat later in die Anglo Boere-oorlog as die Bittereinders bekend geword het en die wêreld se respek afgedwing het?
As mens voor moes begin, sou jy al die voorsate van ons trotse erfenis, vanaf volksplanting, moes nagaan, vanaf 1652 tot met die Groot Trek noordwaarts tot in Soutpansberg. Die geskiedenis van daardie vormingsjare is egter duidelik genoeg om mens toe te laat om met `n spesiale verwysing na die Vryburgers te begin kyk as die eerste ware Boere.

Len Els - Aquila Muscas

Die reg is oorwegend 'n stug, stram, gewigtigde en sober beroep en tereg so. Juriste is ook gewoonlik stug, stram en (oorwegend) sober.

Nogtans is daar amusante, lagwekkende  en selfs tragies  ironiese  oomblikke.

Hierdie bundel is bloot 'n nostalgiese, humoristiese  terugblik op my loopbaan tot op hede. Wat natuurlik die deur ooplaat vir 'n opvolgbundel!

Laat hy val waar hy wil!

Len Els

Bosbundel - Len Els

Kolonel Len Els MMM (Burgermag) is ook  Advokaat Len Els SC. Hy loop al lank met die donker saam, beide militêr en in die regte.

Hy is die 2012 wenner van die Carpe Noctem Digters Penning in die kategorieë Sosiale Kommentaar en Godsdiens .  Hy is ook die naaswenner (verbasend genoeg) in die kategorie Erotiek. Die drie toekennings het hom ‘n tweede plek besorg in die katagorie Digter van die Jaar.

Hierdie bundel  bied  'n siniese  beeld  van die Afrikaner se belewenis van die Bos-oorlog tot die huidige Misdaads-oorlog assok ‘n toekomsblik.

A Lutua Continuum!
En Jesus het geween.

Toolkit - Roelf Opperman & Fritz Snyman

In this post-modern world, someone standing in a boardroom in front of a group of people for hours on end trying to facilitate change is a thing of the past. The post-modern boardroom has   become a place where people are exposed to various experiences that are accompanied by lots of laughter, fun, music, playing and interaction. This is all whilst people change, plan or build new dreams. The skilled facilitator uses activities, games and experiences as tools to address much deeper problems that need to be solved or questions that need to be answered. We discovered that when you wholeheartedly believe in the potential of people and use the tools in this toolkit, it is possible to help them develop way beyond what they believed was possible.
 Toolkit for Life Coaches is a book for all facilitators, life coaches, pastors and teachers who are working with groups to facilitate change.

Roelf Opperman is a dreamer of a better future, a pastor, a partner in Bronze Baobab
 and a director at  Kamcare Social and Training Services.  He is a qualified life coach and
 therapist with more than 20 years of experience. He is a firm believer that individuals and
 communities can change and that people can make the world a better place. He holds a
 Doctorate in Narrative Therapy from the University of Pretoria.  

Fritz Snyman is a natural motivator who makes things happen.  He sees the future as a place you create out of the choices you make right now.  He is a pastor, a partner in Bronze Baobab and a qualified StrengthsFinder coach.  He firmly believes in the potential of people and loves to empower them to discover their own strengths and abilities.  He holds a Masters in New Testament Theology from the University of Pretoria.  

Thursday, February 21, 2013

Genl Jan Smuts - Piet C. Swanepoel

P.C. Swanepoel was born on November 1st, 1928. He grew up in the Vryheid district of Natal; was a labourer on the Railways for four months from age 17; a policeman/ detective for 22 years; an Intelligence officer for 15 years and a trout farmer and miller for ten years. For the past 18 years he's been a pain in the neck to his wife, Marina. He just reads and writes, plays solitaire and dreams. 
Sometimes he dreams about two little Republics which existed more than a century ago.

Wednesday, February 20, 2013

Weldade en Misdade - Piet Schoombie

Kortverhale en Artikels
Hierdie bundel bevat vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies. Sommige daarvan het reeds in 'n e-boek verskyn, maar almal word vir die eerste keer hiermee in gedrukte vorm uitgegee. Die temas van die verskillende geskrifte  in die boek is verteenwoordigend van die eeu oue stryd tussen goed en kwaad. Dit poog om nie net interessant,  opwindend en spannend te wees nie, maar om ook die sosiale gewete van die lesers aan te spreek. Daar is temas van verslawing in verskillende vorms, besoedeling van die natuur en die kuberruimte en van misdaad. Al hierdie verskynsels is soortgelyk aan probleme wat regoor die wêreld voorkom en simptomaties van die hedendaagse lewe is. Daar is ook 'n verhaal met 'n sterk wetenskapsfiksie-inslag.  

Tuesday, February 19, 2013

A Walk in a Forester's Boots-Fire

Greg A. Ellis and Ben J. Potgieter

The First Journey: Finding My Feet
Ed Tippett’s journey as a forester in South Africa is one that begins as a naïve newly married young man that introduces him to a ‘forestry lifestyle’.  Through numerous incidents he develops an ever deeper understanding of the forest, the people, and the family but most significantly of himself. 

The theme of fire gives Ed the opportunity to develop his skills in many aspects and brings both the elation of controlling fires, but also the tragedy of the destruction of forests, assets and life.  While there are many characters that influence Ed, none are as significant as his friend Wilbur, who acts as his mentor.  In turn coaching and mentoring become the compelling reason for his being, and the joy and results that are associated with this. 

The trilogy of books sees Ed develop from situational hands on forester, to forestry manager that develops systems, to a regional manager that engages strategies of integration. 

While these books are written using forestry as a ‘platform industry’, the ‘gems of wisdom’ can be applied to any industry, in any country in its wider context, yet is constantly kept real by the interaction at family and relationship level. 

Once you start reading you will not put it down as you become so engrossed with the journey and the wide range of stories of a life that could have been yours in parts, but no one person’s alone.  An epic journey of discovery for the reader who will open their mind for self and organisational improvement.  

Friday, February 8, 2013

Probability Factor - Xander Grobbelaar


Meet Chloe, your not so average, thirteen year old girl.
The year is 2025. A post apocalyptic world with incredible technology and a damaged chaotic society.

Her best friend, Luno, has created a secret agency.
One with an underground town as headquarters.

Join Chloe in a wild adventure through dimensions, ungles, lakes, floating islands and deserts as she joins the fight for a better world against the evil of President Glecious Puma.

Set in a world where the polar ice caps have melted,
where a tyrannical overlord rules and where the
fantastic and extraordinary are possible.

Noodlyn - Chris Wehrman


In hierdie lewensveranderende boek vir leiers op alle vlakke (van ouers tot maatskappybestuur) gee die skrywer Dr Chris Wehrmann duidelike antwoorde op die volgende ses lewensvrae:
1. Wie is jy?
ontdekking van jou innerlike self
2. Waar is jy?
ontdekking van jou groei op aarde
3. Wat maak jy hier?
ontdekking van jou roeping en doel
4. Wat sien jy?
ontdekking van jou gesindheid
5. Wat wil jy hê?
ontdekking van jou begeertes
6. Waar is jou broer?
ontdekking van jou medemenslikheid

Die mens op aarde is soekende na antwoorde op alle terreine van sy menswees – polities, maatskaplik, godsdienstig, ekonomies en veral in die self – sy oorlewing, sy transformasie, groei en ontwikkeling in ‘n vyandige wêreld. Nêrens vind hy vrede en rus nie.

In  Noodlyn vind hy die meesterplan vir hom as mens. Noodlyn stel die mens in staat om ‘n kwaliteitslewe in oorwinning te leef, ongeag die omstandighede en Noodlyn stel die leier en bestuurder in staat om positiewe leiding te neem binne ‘n verwarde en soekende wêreld.

Operational Manual for the Kingdom of God - Chris Wehrman


This Manual is a desperate effort to mobilize The Ambassadors of the only living Almighty God, who created mankind in His own image, put them on Planet Earth with the authority and dominion to subdue all of earth and to be in total control of everything that happens on the face of the earth.  Nothing of this is to be seen as we live on earth in the year 2012!!!

Ambassadeurs vir die Koninkryk van God - Chris Wehrman

Hierdie handleiding is ‘n desperate poging om die Ambassadeurs van die Enigste Lewende, Almagtige God, wat die mensdom na Sy eie beeltenis geskape het en hulle op hierdie aarde geplaas het met die outoriteit en heerskappy om die hele aarde te onderwerp en om totaal in beheer te wees van wat op hierdie aarde aangaan, te mobiliseer. Niks hiervan is egter te sien, soos wat ons vandag op die aarde woon nie.

Built On The Rock - S.S Viviers

This book forms part of Phase B of the Integrated Theological Training Program (ITT) and introduces learners to the Theology of the Church (Ecclesiology). The themes are structured in such a manner that it finally ensures that being a Church designated as the called out ones, believers are empowered to practically apply the message of Christ as salt and light in the world. The Kingdom of God becomes real when we are doing what is right and what is just in the eyes of God. This emphasizes the importance of restoration and transformation as central to the holistic or all inclusive challenge of the Church of Christ as the congregation (gathering) of the Called-out-Ones.

Healed to Proclaim and Restore - S.S Viviers


This work forms part of an Integrated Theological Training program that is based on the needs identified by the Africa Services Training Work Group to introduce spiritual leaders in Africa to systematic theology and the need for a holistic or integrated approach to serving Christ.  The program is the result of the visionary leadership of the Regional Director of Africa Services J P Pretorius who gave the mandate as well as secured the financial support for the development of the material as well as the Training Manager George Bezuidenhout who coordinated the development process and made valuable contributions to the text based on many years of experience in the field while working in Southern Sudan. In order to ensure that I could dedicate myself fulltime to this challenging task I wish to express my gratitude to the Cavers Trust who ensured back-up support that allowed me to do the necessary research before the material was submitted for final evaluation. 

Genl M.C.W. Geldenhuys - van Straaten & Heymans


Genl. Mike Geldenhuys is vir al die lede van die polisie
wat onder hom gedien het, die versinnebeelding van
integriteit en onkreukbaarheid. wat streng dissipline
gehandhaaf het maar nooit onredelike eise gestel het nie.
Ons paaie het gedurende die sewentigerjare gekruis toe
ek die afdelingsbevelvoerder van die veiligheidstakke in
die Vrystaat was en genl. Geldenhuys die hoof van
veiligheid. Wanneer genl. Geldenhuys gebel het, het die
gesprek sonder uitsondering soos volg begin: “Dag my ou maat. Hoe gaan dit met jou?”.
Altyd gemoedelik en vriendelik ongeag hoe groot die krisis ook al was.

Agter Verre Horisonne - Johan van Coller


Hierdie familiesage van 'n Boeregesin, begin in 1898, voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog.  Dis 'n roerende- en boeiende verhaal van 'n egpaar met hul twee seuns en dogter, wat met deursettingsvermoë 'n nuwe begin met boerdery wil gaan maak na herhaalde droogtejare op hul dorre plaas in die verre Wes-Transvaal.  Met net 'n paar honderd pond, pak die gesin die epiese ossewatog aan na waar hulle verneem het die “Beloofde Land” geleë is; die verafgeleë Transvaalse Laeveld, naby die dorpie Nelspruit.  Daar bekom hulle 'n pragtige stuk vrugbare Staatsgrond, en begin met die opbou van hul droom vrugte- en veeplasie.  Wanneer die kapitaal opraak, trek die ondernemende broers met ossewa na die afgeleë jagvelde langs die Lebomboberge, om hopelik met 'n vrag waardevolle ivoor terug te keer. 
     Dan breek die Oorlog uit  en die broers, later ook hul pa, vertrek op kommando teen die gehate Kakies.  Ma en dogter red later op 'n heroïese manier die boerdery van totale uitwissing, wanneer die Britse soldate deur die distrik trek en verwoesting op die plase saai.  Geweef deur die storie, is daar 'n vurige romanse tussen die aantreklike oudste seun, Pieter, en die twee mooie meisies in sy lewe, Clarissa en Ansie.  Later in die Oorlog, red Pieter en sy korps onverskrokke burghers diè twee jong dames uit die onmenslike konsentrasiekamp en neem hulle na veiligheid.
     Net na die Oorlog in 1903, gaan die broers op 'n tweede olifantjagtog;  dis 'n halfjaar lange ekspedisie na die onherbergsame Rufijirivierdelta in Duits-Oos-Afrika.  Tydens hierdie grootse avontuur, bekom die broers 'n groot hoeveelheid ivoor, en dan maak die twee boonop 'n ongelooflike ontdekking in die wildernis wat die gesin eensklaps oppad na welvaart ophef.  Teen die einde is daar 'n dramatiese en onverwagte wending in die liefdesdriehoek tussen Pieter, Clarissa en Ansie.