Wednesday, October 27, 2010

Botes Stamregister & Kwartierstaat

My naam is Willie Johan Botes en ek is op 31 Augustus 1967 in Pretoria gebore. Reeds vanaf skooldae was ek baie geïnteresseerd in geskiedenis en dit het aanleiding gegee vir my belangstelling om my eie Botes familie in 1990 te begin navors. Van die begin af was dit my ambisies om eendag hierdie navorsing van my in boekvorm aan my seun Wimpie na te laat.
In September 2010 kan ek met trots terugkyk na 20 jaar se navorsing wat stadig begin gestalte kry het in die vorm van die boek wat ek toe reeds gevisualiseer het.
Ek het ure deurgebring in kerkargiewe, staatsargiewe asook verskeie begraafplase reg oor Suid-Afrika. Op die manier het ek informasie bymekaargemaak wat op daardie vroeë stadium van my navorsing vir my baie deurmekaar was. Nadat ek baie tyd met hierdie informasie spandeer het, het dit later vir my begin sin maak en kon ek begin bou aan my eie familie stamboom.
My oorspronklike Botes stamboom het later ontwikkel in 'n kwartierstaat wat die vanne van my voorsate naamlik Oosthuizen, Botha, Du Preez, Putter asook Shafer insluit.

Kontak my

No comments:

Post a Comment