Thursday, May 16, 2013

Soutpansberg - Charles Skeen


Waar kom die trotse lede van Soutpansbergse Kommando vandaan wat deur die afgelope eeu die eenheidsgeskiedenis gevorm het?
Wie was die Boere wat so `n groot deel van die eenheid en die land se voorgeskiedenis gevorm het? Wie was diegene wat later in die Anglo Boere-oorlog as die Bittereinders bekend geword het en die wêreld se respek afgedwing het?
As mens voor moes begin, sou jy al die voorsate van ons trotse erfenis, vanaf volksplanting, moes nagaan, vanaf 1652 tot met die Groot Trek noordwaarts tot in Soutpansberg. Die geskiedenis van daardie vormingsjare is egter duidelik genoeg om mens toe te laat om met `n spesiale verwysing na die Vryburgers te begin kyk as die eerste ware Boere.

No comments:

Post a Comment