Thursday, August 26, 2010

Lig in Lisuland


Het jy ook soms vrae, twyfel of onsekerhede?

Twyfel jy selfs of die Here werklik bestaan?

ISOBEL KUHN HET.  As 'n jong student het sy baie vrae en twyfel gehad. Sy het selfs besluit om op te hou Bybel lees. Isobel was so verward dat sy besluit het dit was nie meer die moeite werd om te lewe nie. Al wat sy kon doen, was om te pleit om hulp by die God wat sy nie eers seker was, bestaan het nie. “Here,” het sy gefluister, “as daar 'n Here is, as U vir my bewys dat U werklik bestaan, en as U vir my vrede gee, sal ek my hele lewe vir U gee. Ek sal enige iets doen wat U van my vra, gaan waarheen U my stuur en U my lewe  lank gehoorsaam.”

Dit was die keerpunt, en van toe af het Isobel se lewe verander - van 'n lewe van vertwyfeling, na een van vertroue op God. En die Here het aan haar 'n ware passie vir die lewe gegee. Hierdie passie het haar selfs na 'n ander kontinent toe geneem - na Asië toe en na die Lisu mense toe. Dit was Isobel se hoop en begeerte dat hierdie mense die lewe en die liefde sou ontdek wat sy in die Here Jesus ontdek het.

As jy met jou eie probleme en moeilikhede worstel, lees gerus die verhaal van Isobel se lewe en ontdek hoe die Here aan haar vrede en sterkte gegee het.

EKSTRAS
*  Tydlyn
*  Om verder oor na te dink

No comments:

Post a Comment