Monday, August 30, 2010

Tien seuns wat enduit volgehou het

Sal jy enduit volhou?

Hierdie tien seuns het grootgeword en enduit volgehou. Hulle het die regte pad gekies en nie die maklike pad nie.

Polikarpus was ‘n slaaf maar het sy vryheid prysgegee ter wille van die Here Jesus. Alban was in gevaar maar het nie voor vals gode gebuig nie. John Oldcastle se huis was ‘n wegkruipplek, maar hy het nie sy geloof weggesteek nie. Cranmer was bang vir die dood, maar het tog later gewys dat hy dapper was. George Wishart was in die tronk, maar het Jesus verkondig. James Chalmers het ten spyte van die gevare die Bybel vir mensvreters gebring. Dietrich Binhoeffer het die dood gevrees, maar wou nie stilbly nie. Nate Saint het na die gevaar toe gevlieg, maar geweet dit is die moeite werd. Ivan Moiseyev het die weermag gehoorsaam maar God eerste geplaas. Graham Staines het siek mense gehelp, maar is gedood omdat hy Jesus liefgehad het...

Laat hulle wat enduit volgehou het, jou ook inspireer om nie soos baie manse in die wêreld te maklik tou op te gooi nie!


  • Polikarpus
  • Alban
  • Sir John Oldcastle
  • Thomas Cranmer
  • George Wishart
  • James Chalmers
  • Dietrich Bonhoeffer
  • Nate Saint
  • Ivan Moiseyev
  • Graham Staines

No comments:

Post a Comment