Thursday, August 26, 2010

Tien dogters wat enduit volgehou het



Sal jy enduit volhou?
Hierdie tien dogters het grootgeword om vroue te wees wat enduit volgehou het. Hulle het die regte pad gekies en nie die maklikste pad nie. Blandina het ‘n Christen geword, en toe ‘n martelaar. Perpetua het haar babatjie afgegee voordat sy in die amfiteater gesterf het. Lady Jane Grey het gedoen soos wat sy beveel is, maar wou nie die Here Jesus verloën nie. Anne Askew het haar huis verloor, maar nooit haar geloof nie. Lysken Dirks het haar man baie lief gehad, maar sy het Jesus bo alles liefgehad. Marion Harvey het Christus ontdek, en hom tot die dood toe gevolg. Margaret Wilson was ‘n voortvlugtige vir Jesus, maar het enduit vir die Here opgestaan. Judith Weinberg het die Here liefgehad, al het dit haar lewe gekos. Betty Stam het gevaar in die oë gekyk en vir Jesus gelewe. Esther John het haar lewe vir Jesus gegee en vir hom gesterf.
  • Blandina
  • Perpetua
  • Lady Jane Grey
  • Anne Askew
  • Lysken Dirks
  • Marion Harvey
  • Margaret Wilson
  • Judith Weinberg
  • Betty Stam
  • Esther John

No comments:

Post a Comment