Monday, August 30, 2010

Reddings-aksie in die nag

Ek kan niks sien nie! Alles is donker.
Watse plek is dié?
Waar is ek?
Jeya was net vier jaartjies oud en was vreesbevange toe sy in die donker van die somber tempel probeer rondkyk. Tussen die pilare was 'n reusagtige klipfiguur. Sy sidder toe sy die gesig sien. Dit, het sy geweet, was Kali, die godin van dood en vernietiging.
Hoekom was Jeya hier? en wie sou hierdie klein dogtertjie so hier in die donker gelaat het? Verseker nie die God van liefde nie! Ja, God het 'n vrou gestuur om hierdie kinders te red van vernietiging - Amy Carmichael.
Sy was ook eens 'n klein dogtertjie met lang donker hare en diep bruin ogies. Sy het toe vir die Here gesmeek om haar ogies blou te maak... maar Hy het nie. So, toe Amy afbuk om klein Jeya op te tel en haar te red van 'n lewe van tempel-slawerny, was sy baie bly dat die Here nie haar gebed beantwoord het nie.
Blou oë was nie die oë van Indië nie - Amy se bruin oë was.

EKSTRAS
Om verder oor na te dink * Tydlyn

No comments:

Post a Comment