Thursday, August 26, 2010

Na die duisternis - lig

Dit was soos 'n kers wat in 'n donker kamer aangesteek is… en na die duisternis was daar lig! Dit is hoe Johannes Calvyn gevoel het. Hy het grootgeword deur baie leuens te glo, maar nou het hy die waarheid leer ken. Daar is aan hom boeke gegee deur mense soos Martin Luther, en hy het gedebatteer met ander Hervormers, maar hulle kon nie daarin slaag om hom te oortuig dat die Gereformeerde leer Bybels is nie. Uiteindelik het die lig egter in sy hart en verstand deurgebreek en het die Here aan Johannes Calvyn die waarheid getoon. Dit was inderdaad hy wat die boodskap van die Hervorming aan die wêreld geleer het deur sy prediking en geskrifte.

EKSTRAS 
Tydlyn * Om verder oor na te dink * Opsomming van die Gereformeerde Leer

Catherine Mackenzie het meer as 60 boeke vir kinders geskryf. In hierdie reeks sluit dit biografieë in van Billy Graham, Mary Slessor, Hudson Taylor, Joni Eareckson Tada en Richard Wurmbrand. Catherine woon in die Skotse Hooglande.

No comments:

Post a Comment