Wednesday, January 16, 2013

Die Storieman - C.S. Lewis

Avonture in ander wêrelde en geheimnisvolle stories – dit het die jong Clive Staples Lewis gefassineer. Hoewel hy nog maar 'n klein seuntjie was, kon hy vir ure lank stories sit en uitdink van diere wat lewendig geword het en soos mense gelewe en gepraat het. Sy skoolloopbaan was nie met rose besaai nie, maar hy het groot geword om die wêreld se bekende skrywer, C.S. Lewis te word – hoewel hyself verkies het om as Jack bekend te staan.

Om agter die geheim van hierdie naamsverandering te kom asook agter die idees agter sy stories, sal jy hierdie lewensverhaal van een van die mees geliefde moderne skrywers moet lees.

Lewis se bekendste kinderboeke is die Verhale van Narnia. As jy hulle geniet het, sal jy graag wil hoor hoe dit gekom het dat hulle geskryf is. J.R.R. Tolkien het elke hoofstuk eers gelees en daarop kommentaar gelewer, netsoos hy elke hoofstuk van The Lord of the Rings voor publikasie aan Lewis voorgelees het.

Lewis het ook 'n gawe gehad om vir grootmense te skrywe, en van die beste boeke in die Engelse taal kom uit sy pen. Daarbenewens was hy 'n populêre programaanbieder oor die radio. Boonop was hy 'n professor in letterkunde eers by Oxford en later by Cambridge Universiteite.

Sy dood in 1963 is vergeet omdat dit dieselfde dag was as die sluipmoord op Pres. John F. Kennedy van Amerika, maar sy invloed vir geslagte van volwassenes en kinders, lewe voort in sy boeke.

No comments:

Post a Comment