'n Hart vir Verlorenes - Brian Cosby
Die lewe op die Amerikaanse voorposte in
die vroeë 1700's was baie moeilik: daar was die voortdurende bedreiging van
siektes, aanvalle deur Indiane en die bitter koue winters. Die Engelse en die plaaslike Indiane het
langs mekaar gewoon, en dit het dikwels tot skermutselings gelei. David Brainerd was egter 'n vreeslose
sendeling wat met 'n hart van liefde na 'n hele aantal Indiaanse stamme in
Amerika uitgereik het. Hy het te perd
deur riviere, oor berge en deur dorpe gereis om die Evangelie van die Here
Jesus aan verlorenes, lydendes en gebrokenes te bring.
In
hierdie boek neem Brian Cosby die leser op 'n reis vanaf David se tienerjare op
die plaas tot by sy verbanning uit Yale universiteit; vanaf sy prediking op die
voorposte tot by sy dood in sy laat twintigerjare. Die leser sal bemoedig, geïnspireer en
uitgedaag word deur die deursettingsvermoë en onkreukbare toewyding van David
Brainerd, die vroeë Amerikaanse sendeling onder die Indiane.
Brian Cosby is 'n predikant van die
Presbiteriaanse Kerk van Amerika. Hy het
verskeie boeke geskrywe waaronder ook John Bunyan: Die Reis van 'n Pelgrim, in die
Baanbrekers-reeks, en gaan voort om artikels vir verskillende tydskrifte te
skryf.
No comments:
Post a Comment