Wednesday, January 16, 2013

Ongulumbashe - Paul Els

Paul Els se weergawe van die militêre stryd in Suidwes-Afrika skets op ‘n gesaghebbende wyse hoe hierdie stryd ontstaan en ontwikkel het. Dit toon hoe die SA Polisie van die vroegste tye af in die stryd om politieke mag en staatkundige veranderings vasgevang geraak het. Reeds in 1915 is die Zuid-Afrikaanse Politie (ZAP) aan die sy van genl Botha in Suidwes-Afrika. Soos die geskiedenis aanstap en die stryd om politieke mag en verandering toeneem, word die Suid-Afrikaanse Polisie telkens ingespan om enige vorm van bedreiging af te weer. Teen wil en dank word die klassieke rol van die SA Polisie en die beginsel van minimum geweld wat vir alle polisiedienste wêreldwyd geld, verander om die eise van terreur die hoof te bied. Die aanval op Ongulumbashe illustreer op kleurvolle wyse hoe die rol van die SA Polisie in die stryd verander het.

No comments:

Post a Comment