Wednesday, January 30, 2013

Geesgedrewe Heersers - G. Smook

Ver terug in die eons van tyd, was daar ‘n voorval in die woonplek van die Allerhoogste, ‘n gebeurtenis so betekenisvol, so verreikend dat dit nog steeds besig is om uit te kring in die geskiedenis van die aarde.
Lucifer, die verligte een, die gerub met uitgespreide vlerke wat beskut; die een wat volkome was in al sy weë van die dag af dat hy geskape was, het hoogmoed in sy hart ontvang. “Ek is ‘n god, ek bewoon ‘n godewoning in die hart van die seë”. Sy hart het hoogmoedig geword oor sy skoonheid en hy het sy wysheid verderwe vanweë sy glans. (Es.28). “Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!” (Jes. 14: 13-14 ). Toe het hy sy binneste met geweld gevul. Hy het sy engele laat aantree, die derde wat aan hom toegedeel was en oor wie hy bevel gevoer het. “Ons oomblik het aangebreek. Die uur het geslaan om die troon van die allerhoogste oor te neem.”

No comments:

Post a Comment