Kaptein van 'n Slaweskip - Irene Howat
John het gestaan en kyk hoe van die grootste
golwe wat hy nog ooit gesien het, teen die skip gebreek het.
Daar was skaars 'n tree tussen die lewe van die jong kaptein van die
slaweskip en die dood en hy het dit wel
deeglik besef. Maar sy paniek en vrees
het hom net aan homself laat dink; nie 'n enkele gedagte aan die honderde mans,
vroue en kinders wat in die buik van die skip vasgeketting was nie. Maar die Here het nog steeds sy gebede gehoor
asook dié van die mense wat in hulle smart gepleit het om genade en
regverdigheid. Dieselfde man wat hulle
as slawe verkoop het, sou kort voor lank dié een wees wat vir hulle vrylating
sou veg. John Newton was een van die
slawehandelaars wat die ergste onreg teen die mense van Afrika gepleeg het; hy
het die oseane deurkruis om geld uit hulle ellende te maak maar uiteindelik is sy eie lewe verander en
hulle s'n ook.
No comments:
Post a Comment