Wednesday, January 16, 2013

Sag Vlieg Die Doodsuil - Izak A. Coetzee

“Dis die taal van die skemerwêreld. Dis die taal van die slums. Dis die taal van drug lords en mafia. En dis hoe jy hulle uitroei. Nie met hofsake en tronkstraf nie. Soos een ou geskryf het na aanleiding van die onlangse onthoofding van Marisol Castaneda, 'n joernalis in Nuevo Laredo, deur die Zeta-kartel: If you're going to call it a "war on drugs" fight it as a war - don't investigate and arrest, seek and destroy.”

Elim de Loorn is op die jag uit na die dwelmkartelbaas, Leslie 'Bartello' Brown en sy mede dwelmbase. Hierdie keer span hy saam met baasspeurder, Kaptein Mol Ferreira, van Moord en Roof in Pretoria. Die spanning is voelbaar vanaf die eerste oomblik nadat die lyk van die dwelmbaron, Joshua Gilbert, in sy luukse woonstel aangetref is. Gilbert se keel is met 'n slagtersmes afgesny en dit lyk na 'n moord uit weerwraak teen Gilbert. Gilbert het egter 'n baie lang rekord
van misdrywe in die skemerwêreld van dwelms en kinderslawehandel. Elim is die Interpolagent wat jagmaak op hierdie misdadigers en Mol Ferreira roep sy hulp in. Saam moet hulle die bykans ontoeganklike vesting van die Brown-kartel in Honeydew aandurf.

No comments:

Post a Comment