Friday, February 8, 2013

Die Saambou Debakel - Tom Moodie

Lees die verhaal en gebeure agter die skerms wat gelei het tot Saambou se ondergang.

Dit is ’n verhaal van selfsugtige ambisie en rykword gierigheid. ’n Verhaal van persoonlikheidsbotsings, verkeerde besluite en gebrekkige insigte wat geleidelik die fondament waarop Saambou gevestig was, weggekalwe het.

Was die gebeure by Saambou doelbewus beplan? Was daar diefstal en bedrog ter sprake? Was dit dalk bloot ontoereikende beplanning en swak bestuursbesluite? Wat was die “laaste strooi op die kameel se rug”, wat tot Saambou se ondergang gelei het?

En dan is daar ook nog die kwessie van Saambou
se pensioenfonds. Lees van die eienaardige hantering van die surplus van bykans R40 miljoen ten tye van die fonds se likwidasie wat tot gevolg gehad het dat die amptenare en pensioenarisse niks uit die surplus onvang het nie.

No comments:

Post a Comment