Weldade en Misdade - Piet Schoombie
Kortverhale en Artikels
Hierdie bundel bevat vier en twintig
lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en
situasies. Sommige daarvan het reeds in 'n e-boek verskyn, maar almal word vir
die eerste keer hiermee in gedrukte vorm uitgegee. Die temas van die verskillende
geskrifte in die boek is
verteenwoordigend van die eeu oue stryd tussen goed en kwaad. Dit poog om nie
net interessant, opwindend en spannend
te wees nie, maar om ook die sosiale gewete van die lesers aan te spreek. Daar
is temas van verslawing in verskillende vorms, besoedeling van die natuur en
die kuberruimte en van misdaad. Al hierdie verskynsels is soortgelyk aan
probleme wat regoor die wêreld voorkom en simptomaties van die hedendaagse lewe
is. Daar is ook 'n verhaal met 'n sterk wetenskapsfiksie-inslag.
No comments:
Post a Comment