Friday, February 8, 2013

Noodlyn - Chris Wehrman


In hierdie lewensveranderende boek vir leiers op alle vlakke (van ouers tot maatskappybestuur) gee die skrywer Dr Chris Wehrmann duidelike antwoorde op die volgende ses lewensvrae:
1. Wie is jy?
ontdekking van jou innerlike self
2. Waar is jy?
ontdekking van jou groei op aarde
3. Wat maak jy hier?
ontdekking van jou roeping en doel
4. Wat sien jy?
ontdekking van jou gesindheid
5. Wat wil jy hê?
ontdekking van jou begeertes
6. Waar is jou broer?
ontdekking van jou medemenslikheid

Die mens op aarde is soekende na antwoorde op alle terreine van sy menswees – polities, maatskaplik, godsdienstig, ekonomies en veral in die self – sy oorlewing, sy transformasie, groei en ontwikkeling in ‘n vyandige wêreld. Nêrens vind hy vrede en rus nie.

In  Noodlyn vind hy die meesterplan vir hom as mens. Noodlyn stel die mens in staat om ‘n kwaliteitslewe in oorwinning te leef, ongeag die omstandighede en Noodlyn stel die leier en bestuurder in staat om positiewe leiding te neem binne ‘n verwarde en soekende wêreld.

No comments:

Post a Comment