Friday, February 8, 2013

Genl M.C.W. Geldenhuys - van Straaten & Heymans


Genl. Mike Geldenhuys is vir al die lede van die polisie
wat onder hom gedien het, die versinnebeelding van
integriteit en onkreukbaarheid. wat streng dissipline
gehandhaaf het maar nooit onredelike eise gestel het nie.
Ons paaie het gedurende die sewentigerjare gekruis toe
ek die afdelingsbevelvoerder van die veiligheidstakke in
die Vrystaat was en genl. Geldenhuys die hoof van
veiligheid. Wanneer genl. Geldenhuys gebel het, het die
gesprek sonder uitsondering soos volg begin: “Dag my ou maat. Hoe gaan dit met jou?”.
Altyd gemoedelik en vriendelik ongeag hoe groot die krisis ook al was.

No comments:

Post a Comment