Tuesday, November 29, 2011

Die lang Generaal - Alan D Elsdon

Generaal Lang Hendrik van den Bergh, oud-hoof van die Veiligheidspolisie en latere hoof van die destydse BOSS, was vir baie die mees gevreesde man in die ou Suid-Afrika. Hy was briljant - selfs internasionaal was hy 'n gerekende figuur onder Koue Oorlog-spioene. Tuis het hy 'n skrikbewind gevoer en hierdie boek, deur 'n oud-veiligheidspolisieman, verbind hom met verskeie opspraakwekkende moorde waarom daar vandag nog raaisels hang. Dit sluit in:
  • Die sluipmoord op dr  HF Verwoerd
  • Die dood van staatspresident Nic Diederichs
  • Die dood van Steve Biko
  • Die sluipmoord op Anton Lubowski
  • Die sluipmoord op die NG- teoloog, professor Johan Heyns.
Een van die tergendste moorde waarmee generaal Van den Bergh in hierdie publikasie verbind word, is die moord op die NP-kandidaat dr Robert Smit en sy vrou in 1977. Die skrywer verskaf 'n fassinerende, maar terselfdertyd 'n gesaghebbende verklaring van die geheimsinnige woorde “RAU TEM” wat destyds op die moordtoneel gespuitverf is.
  • “Skok-onthullings in fusie van waarheid en fiksie.”    Rapport
  • “Hierdie is 'n politieke riller soos min.”    Ockie Geyser (emeritus-professor Departement Geskiedenis, UOVS)
  • “Dit is 'n boek wat ek nie kon neersit nie.”    Francoise Steynberg (Republikein)
Alan D Elsdon het hom in 1973 by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit waar hy in verskeie hoedanighede gedien het. In 1978 word hy kriptograaf in die Veiligheidstak en tree op as die sleutelgetuie in Bisho se eerste ANC “Terroriste-”verhoor wat tot skuldigbevindings lei. In 1993 verlaat hy die polisie om 'n loopbaan in die sekuriteitsveld voort te sit. Hy het in 2008 uit die DRK teruggekeer waar hy in sy beroepsveld in die hart van die oerwoud  by 'n diamantmyn betrokke was.

Also available in English as The Tall Assassin.
Lees ook My Cryptic Life deur Donald Els Alanby.

No comments:

Post a Comment