Monday, July 4, 2011

Abaja Snaakse Storie - Nicolette Steel

Met die rêrige kepêrige stories in Abaja Snaakse Storie word jy meegesleur saam met Nicolette Steel na 'n land waar n vrou GEEN regte het nie... Sandland? Vistenk? Sandland of Vistenk, sy sien die avontuur en humor in elke situasie. Jy word opnuut bewus van die vryheid en seëninge wat jy elke dag geniet. Jy besef dat die lewe oor attitude gaan en nie oor altitude nie.  KAREN FOUCHE 

Dit is een wonderlike voorreg om die skrywer persoonlik te ken en met ieder en elke storie sien ek haar persoonlikheid, haar humor en haar sin vir waardes daaruit straal. Elke staaltjie het sy eie unieke humor daarin en sonder skroom het ek my gymkontrak gekanselleer omdat hulle nie naastenby die maagspier oefening kan verskaf met al die fancy masjiene soos die spiere styf trek en die trane rol van die lag met die lees daarvan nie. Baie dankie dat jy al jou wedervaringe op so 'n wyse met ieder en elk van ons deel!! Doen so voort. CHRISTIE MINNAAR

Met hierdie stories glimlag jou binneste en buitenste van genot om met die skrywer mee te maak wat in die alledaagse lewe met mense kan gebeur. Dis met genot dat ek elke storie gelees het en nie kon wag om met die volgende een te begin nie. Die boek bring jou terug na menswees en die plesier wat jy daaruit kan haal.  CARINA DE KOCK

Troues, high tea's, dokters, ou motortjies… - Lees Abaja Snaakse Storie indien jy die humor wil raaksien in die ernstige en nie so ernstige oomblikke in die lewe. Nicolette Steel op haar beste!  NEIL VOLSCHENK
Nicolette se Abaja Snaakse Storie is ‘n instant mood lift – verseker stories waarin jy jouself kan vind en skaterlag vir die mensdom. Op ‘n fassinerende wyse verander dit die manier waarop jy dink…(aan al die dinge van die wêreld wat ons dink ons weet)  SANET BROOKS

Abaja Snaakse Storie laat my vir `n oomblik vergeet van die wêreld daar buite. Dit kielie my lagspiere tot daar diep, waar ek al vergeet het hoe snaaks die lewe kan wees. Heerlike ontspanning!  SUNA O'KENNEDY 

Elkeen van hierdie vertellings het vir my groot vermaak verskaf, die oorvertelling van die koerant briefie aan Oom Dominee het my tone laat vuiste maak. Soms lag ek so dat Miena met die “bors pilletjies” aan storm! Soveel van reis, sand-kis bewoners, fiemies en allergieë het ek nog nooit geweet nie. Moet ek díe self “poeflees”? hehe. Mag daar seën rus op al jou werk.  KOOS VAN DER MERWE

Ek het so lekker gelag vir jou stories, dit het my dag gemaak! Ek het gesit en lag dat die trane loop. Jy het regtig 'n talent!  MICHELLE WEYERS

No comments:

Post a Comment