Monday, July 4, 2011

As die uurglas leegloop - Danie Steyn

Gerusstellende gedagtes om te koester in die herfsjare.

Ouderdorm is nie 'n vreemde begrip in die mens se lewe nie, en tog bekruip dit ons ongesiens totdat die besef ons op 'n dag vierkant tussen die oë tref: “Ek is nou deel van die ouer garde.”

Maar juis in die goue jare kan ons op God se beloftes reken. Hy het nog steeds 'n doel met ons lewe, al het die ouderdom ons ingehaal. Ons hemelse Vader is die één onvervangbare anker wat ons help om staande te bly. AS DIE UURGLAS LEEGLOOP gee dan ook riglyne, uitdagings en praktiese wenke wat die bejaarde die weg kan aanwys na 'n sinvolle en bevredigende oudag. Die bedoeling is dat elke bejaarde verseker mag wees van die ewige erfenis in God se hemelse woning.

Wanneer ons kragte minder word en die stryd feller, onderskraag die woorde van die profeet Jesaja ons: Tot die grysheid toe sal Ek julle dra (vgl. Jes. 46:4, OAV).

No comments:

Post a Comment