Thursday, July 7, 2011

Nooit is vergangklik – Susanna Wyers


“Sy het na ‘n huwelik van agtien jaar en vier kinders later, besluit sy is gay! Sy gaan uit die kas uitklim, want ‘n kas is mos vir klere bedoel! Jy argumenteer en baklei met God en eis ‘n verduideliking van Hom, Hy wat haar in die moederskoot dopgehou het. Hy het haar gevorm en aanmekaar geweef. Hy het haar gesien nog voordat sy gebore is. Hoekom? Hoekom?!”

Nooit is verganklik beskryf ‘n Christen-ma se worsteling met homoseksualiteit wat haar eie huishouding ongevraagd en ongenooid binnegekom het, die seer wat daarmee gepaard gaan en die self-ontdekkingsreis van beide ouer en kind. Die boek beskryf verder die uiteinde van so ‘n verhaal en die besef waartoe ‘n ma gekom het:” Jou eie vlees en bloed verdoem jy nie so maklik nie. Jy verwerp nie so maklik vlees van jou vlees nie. Jy verbeel jou jy sal dit regkry, maar die liefde van God wat ons as Christene in ons het kry die oorhand.

LIEFDE maak NOOIT verganklik...

No comments:

Post a Comment