Wednesday, July 6, 2011

Die twaalf dissipels van Jesus – Dr Hennie Prinsloo

Die studie oor die twaalf dissipels van Jesus het opnuut weer ‘n appèl op my eie lewe gemaak.  Dit was vir my tot soveel seën dat ek jou ook wil uitnooi en uitdaag om, wanneer jy hierdie boek lees, saam met hierdie manne te stap, hulle lewens dop te hou en deur hulle oë na ons Here en Meester, Jesus Christus te kyk.

Die dissipels het werklik legendes geword.  Nooit weer sou daar ’n groep manne opstaan wat so ’n impak op die wêreld en sy mense sou hê soos hulle nie.  Manne wat deur Jesus self geroep, opgelei, bekragtig en uitgestuur is.  Hierdie manne het die wêreld verander.

In hierdie dissipelgroep van 12 manne wat Jesus geroep het, was daar uiteenlopende persoonlikhede.  Onder hulle vind ons ‘n verskeidenheid van temperamente, geaardhede, agtergronde en karakters.  Hulle was nie nabootsings of duplikate van mekaar nie.  Hulle het almal van mekaar verskil.  Hulle was en is verteenwoordigend van alle persoonlikhede, temperamente en geaardhede wat ons vandag op aarde kan aantref.  Ons kan onsself duidelik in ten minste een of twee van hierdie manne sien.  God gebruik verskillende mense, so kan Hy jou en my ook gebruik!

No comments:

Post a Comment