Thursday, July 7, 2011

Ouerskapvaardighede in 'n neutedop - Dr. Pixie du Toit

Die boek Ouerskapvaardighede in 'n Neutedop beskryf 'n paar probleme waarmee ouers vandag worstel en doen nuttige wenke aan die hand wat ouers met dié taak van kindersgrootmaak kan help.

"Waar was die boek toe ek my kinders grootgemaak het? As ek al die dinge so lees, dan slaan ek my hande in stomme verbasing saam dat my kinders, ten spyte van hul ouers, sowaar ongedeerd grootgeword het!" Lien de Jager - Redakteur van verskeie publikasies

"Die inhoud van hierdie boek is baie sinvol en uiters aktueel in die tye en lewensomstandighede waarin vandag se ouers en kinders leef." Piet Vermeulen - Voorligting Sielkundige

Dr Pixie du Toit, 'n Forensiese Kriminoloog in Privaat Praktyk en Hoof van die Sinoville Krisissentrum, werk al die afgelope 6 jaar intensief met ouers en kinders. Sy het wye ervaring in dié veld en bied ook werkswinkels en seminare aan ouerleidinggroepe en onderwysers oor hoe om kinders op hul pad na volwassenheid te ondersteun. Sy tree gereeld op as radio- en gasspreker en het onlangs die ATKV Afrikoon-toekenning ontvang vir haar volgehoue bydrae op dié gebied.

No comments:

Post a Comment