Wednesday, July 6, 2011

Geen berg te hoog nie - Myrna R Grant

Hou jy van verhale waarin daar avontuur, misterie en opwinding is?

Gladys se lewe het genoeg avontuur, massas misterie en amper te veel opwinding gehad! Daar is nie baie sendelinge van wie se lewe 'n fliek gemaak is nie! Nie baie sendelinge was spioene nie! Nie baie sendelinge het 100 kinders uit 'n oorlog-geteisterde gebied gered nie! Gladys het al drie gedoen!

Sy het op eie houtjie China toe gereis omdat sy geglo het die Here stuur haar soontoe. By haar het sy net twee tasse gehad saam met 'n teepotjie, en aan die handvatsels 'n pannetjie vasgebind. Gladys is amper gevange geneem deur Russiese soldate en moes in die stikdonker van die nag ontsnap met die hulp van 'n geheimsinnige vrou. Toe Gladys uiteindelik in China aangekom het, was dit net die begin van al haar avonture. Daar was oorloë, spioenasie, romanse en hartseer, en 'n lang, lang tog na vryheid toe. Op die ou end het dit min geskeel watter probleme opgeduik het, Gladys het geweet dat die Here altyd in beheer was, en geen berg sou te hoog wees om te oorkom nie. Die Here was nog altyd by haar.

No comments:

Post a Comment