Monday, July 4, 2011

Abraham Kriel Kinderhuis - Resepteboek

Wat ‘n wonderlike voorreg is dit om hierdie gedenk resepteboek van die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom, aan u, die koper of leser bekend te stel!

Ons het baie gebid oor hierdie boek en daarom glo ons dat u nie net heerlik gaan smul aan al die smaaklike geregte nie - wat oor twee jaar ingesamel is en deur baie gelowiges met groot liefde geskenk is nie - maar dat u as mens aangeraak sal voel oor alles wat ons doen by ons mooi instansie.

Ons vertrou dat terwyl u bak en brou, aangemoedig sal wees om vir ons kinders in die Kinderhuis maar ook die kinders van die wêreld sal bid.

Loof die Here saam met ons vir al Sy gunste en gawes, maar veral vir Sy liefde, Sy verlossing en dat ons Sy kinders kan wees. Dit alles, ten spyte van wie ons is!

Ons Kinderhuis het mense nodig om ons te help om voort te bestaan - dit is ‘n bewys na baie jare in die heersende veranderde tye. Die Here is in beheer! U het ‘n aandeel in die bereiking van ons visie vir ons Kinderhuis.

Weet dus dat elke resepteboek wat verkoop word - dus elke boek wat u aan u vriende en familie bekendstel, of as geskenk vir iemand koop - ons instaat stel om voort te gaan om die kinders van ons mooi land vir ons Koning en Verlosser te wen en op te bou. U word dus ‘n medewerker om God se Koninkryk te laat kom.

Ons dra hierdie resepteboek op aan ons Skepper, al die vorige inwoners wat hier versorg is vir die afgelope halfeeu, die huidige inwoners asook aan hulle wat nog hier opgeneem sal word.

“Daar moet ‘n sleutel wees, weet ek en jy. Iemand moet ‘n sleutel hê wat ons uit die kettings van wanhoop bevry. Ek het gesoek om daardie sleutel te vind en ....dit opgespoor in die woorde van ‘n kind.” - Maretha Maartens

1 comment:

  1. Hi. Ek stel belang om die resepteboek te beatel. Hoe gaan ek te werk??

    ReplyDelete