Tuesday, July 5, 2011

Die Bybel is nog altyd reg - Dr Willie Marais


Dit het inderdaad baie laat geword in die tyd waarin ons leef wanneer die moderne mens met sy wetenskap en liberale teologie die onfeilbaarheid van die Heilige Skrif opnuut in twyfel trek en 'n aanval loods op die uitsprake, gesag en toepassing van die Bybel op die moderne mens se lewe.

In hierdie boekie ontmasker die bekende teoloog Dr. Willie Marais die argumente van ons dag wat so dikwels gebruik word om verwarring te skep in die harte van gelowiges en hy toon aan dat die Bybel nog altyd reg was en vandag ook nog reg is.

Dr. Marais verklaar Christus Jesus se uitspraak oor die mosterdsaad as kleinste saadjie, hy dui aan dat die profesie aangaande Tirus tot vandag nog bewaarheid is en dat die Bybel-skrywers onder inspirasie van die Heilige Gees reeds van die bestaan van die onsigbare sewende ster van die Pleiades of M45 konstellasie getuig het. Sy argument oor die gebruik van die kompas om die aarde as vas en die voetbank van God te bewys behoort ernstig deur wetenskaplikes ondersoek te word, veral in die lig van die feit dat die beweging van die aarde nog nooit oortuigend wetenskaplik bewys kon word nie.

Elke gelowige moet bewus wees van hierdie feite wat lynreg staan teenoor die argumente van sogenaamde geleerdes wat die geloof in die oorgelewerde Woord van God probeer vernietig.

“Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val” (Luk. 16:17).

No comments:

Post a Comment