Al verstaan ek nie hoekom ek vanoggend so great voel nie, gaan ek nie te veel daaroor dink nie. Ek gaan dit net enjoy en met hierdie lekker ou smile op my gesig die tweede dag by my nuwe skool aandurf. En ek sê sommer nou al vir enigiets of enigiemand wat dalk van plan is om my smile te steel: Probeer maar, ek is nie van plan om dit toe te laat nie.
Ek sal maar eers by die kantoor gaan hoor waar moet ek wees. Met dié dat ek meer as die helfte van my eerste dag gemis het, is vandag in elk geval eintlik my tweede eerste dag! Daai kantoortannie is so gaaf, en miskien onthou sy my van gister.
Maar daar wag vir my 'n verrassing.
“More, Kobus!” Daar staan ten minste tien kinders by die hek vir my en wag, en almal groet tegelyk.
My smile word groter en die lekker gevoel lekkerder.
Een van die seuns - ek dink hy't gister gesê sy naam is Leon - vat sommer my tas by my en die 'verwelkomingskomitee' begin saam met my in die rigting van die aantreeblok stap.
Die meisie met die sproete en rooi hare begin praat, en ek weet sommer dadelik sy hóú van praat.
“Kobus, ek's Anja. Anja Venter, amper soos Verster maar nie heeltemal nie. En dis Stefan en Hendrik en Gerhard en Werner en Lienkie en Diana en Suzie, en daai outjie wat jou tas dra is Leon.” Goeie gonnas, maar sy praat vinnig! Ek probeer my bes om by te hou, want dis belangrike inligting dié.
“Ons het vir jou gewag om te sê ons is regtig jammer oor wat gister gebeur het. Dis nie fair dat jy op jou eerste dag al geboelie is nie. Sorry. Jy moenie worry nie, vandag pas ons jou op. All eyes on you, my friend! En as daai Kleinjohn naby jou kom, dan's ek daar.” Tipies meisiekind. Meer bek as binnegoed. Praat sonder om te dink. Maar haar gekekkel is nogal oulik, en dit help dat ek nie dink aan wat alles vir my wag nie.
Nesta le Roux is ‘n mediese dokter, getroud en hulle het drie kinders.
“My elke asemteug is ‘n dankbare sug dat Jesus Christus my Verlosser is.”
No comments:
Post a Comment