Monday, July 4, 2011

Chrisjan word 'n visserman - Pieter Strobos

Die lewensgetuienis van Chris Visser. Lewensverhale is altyd iets spesiaal om te lees.

Chris slaag uitstekend daarin om jou saam te neem deur sy lewe: Jou te laat lag, jou hartseer te laat word en selfs kwaad te laat word vir die onverskillige optrede van kinders van die Here. Die verhaal dek byna die volle reikwydte van wat 'n mens seker in een lewe kan beleef – veral mense wie voluit op die Here vertrou en 'n verskil in hierdie wêreld wil maak deur sout en lig te wees.

Die lees van hierdie verhaal is ‘n moet vir elke persoon wat dit oorweeg om ‘n sendeling te word. Chris rig met hierdie biografie ook 'n monument op vir sy nageslag.

Hierdie lewensverhaal tref en is 'n aanwins vir elkeen wat die Wil van die Here in sy of haar lewe soek.

Pieter Strobos,
Raadgewende Ingenieur, Wonderboom-Suid, Pretoria

No comments:

Post a Comment