Tuesday, July 5, 2011

Die Rol van JESUS in my lewensverhaal - Danie Steyn

Hierdie radikale ingryping van Jesus Christus was eenvoudig onkeerbaar. Die Heilige Gees het my oorweldig en van sonde oortuig. Daardie spesifieke aand gedurende 1942 is ek tot stilstand gedwing; my hele lewe het in een oomblik nuut geword. Hoewel my naam: Danie Steyn, nog dieselfde was, en ek nog aan dieselfde werk verbonde was en my in dieselfde omgewing bevind het, het alles in daardie onvergeetlike nag radikaal verander. Deur genade het ek saam met Christus gesterf en saam met Hom opgestaan in `n nuwe lewe.

Ná die helder gebeurtenis wat diep in my hele wese ingegraveer was, kon ek nie swyg nie. Almal moes dit weet: my medewerksmense was verstom en het gesê: "gee hom net ses maande kans, dan is hy stapelgek. Dit was nog ek, maar tog nie meer die ou ek nie, want Christus was my lewe. Dié unieke gebeure word alleen tot eer en verheerliking van die Naam van die Seun van God genoem.

No comments:

Post a Comment