Thursday, July 7, 2011

Psalmjuwele vir vandag - Ds Danie Steyn

Met die skryf van PSALMJUWELE VIR VANDAG, het ek tydsaam langs verskeie bronneweë gevaar op soek na kosbare juwele wat uit die psalmbundel straal. Talryke ure moes peinsend op die Here in gebed gewag word om te hoor wat in die gedagte en hart van elke digter geskuil het. Ek het my toegespits op ‘n leserskring wat graag meer van elke psalm sou wou verstaan en spesiaal klem gelê op die Messiaanse boodskap wat in Jesus Christus vervul is.

My innige gebed is dat die Heilige Gees die verstand en hart van elke leser sal vul met geestelike psalmjuwele. Mag die vrede van God op u daal. Al die dank en eer aan die Here, die Almagtige!

“Psalmjuwele vir vandag” deur ds. Danie Steyn moet deur ons verwelkom word. Ds. Danie Steyn slaag daarin om, in sy eie styl, die boodskap vars en nuut vir die leser aan te bied. Mag die werk vir baie lesers tot groot seën wees.

No comments:

Post a Comment