Wednesday, July 6, 2011

Knapsak boodskappe vir Saalopeninge en ander Geleenthede - Gert C. Joubert

Die boek is saamgestel uit 31 kort akkurate boodskappe wat prakties in die lewe van die mens kan spreek. Dit is ‘n rigtinggewende aanwyser vir jongmense en volwassenes in beslissings en handelinge teenoor ander mense en in die alledaagse lewe. Dit gee leiding vir uitvoering van dagtake en tref duidelik onderskeid tussen wat reg en verkeerd is. Elke boodskap begin met ‘n  gedeelte(s) wat uit die Bybel gelees moet word. In die boodskappe is daar ook toepaslike aanhalings uit die Bybel. 

Die boodskappe is saamgestel uit relevante onderwerpe wat tot elke mens spreek en die boek kan met groot vrug gebruik word deur: Skoolhoofde en onderwysers met saalopeninge, huisgesinne en ouers in hulle opvoedingstaak tuis, jeugaksies, volwassenes en jong mense in hulle persoonlike stiltetyd

Die boek kan ‘n vaardige werktuig ten dienste van die Koningkryk wees, want die grondslag van Knapsak Boodskappe vir Saalopeninge en ander Geleenthede is die woord van God en al die waardes en waarhede wat daarin vervat is.

No comments:

Post a Comment