Monday, July 18, 2011

S.T.U.K.K.E.N.D Lewe ná ´n doodskoot - Cobus A. Erasmus

Hoe tel 'n mens die stukke van die halfgeboude legkaart van jou lewe weer op ná 'n lewensveranderende gebeurtenis? Bly jy stukkend – of bly jy lewe en hou aan om die legkaart te voltooi?
 
Die Erasmus-gesin beleef groot trauma wanneer twee van die boeties koelbloedig geskiet word, en die hele gesin moet wys waarom en of hulle in God glo. Hoe berei  'n mens jou voor op dit waarop jy jou nie kan voorberei nie?
 
In die Fourie-gesin word die kinders in 'n groot trauma gedompel toe hul ouers 11 maande ná mekaar sterf. Hoe hanteer 'n mens – of, erger nog, kinders – so 'n situasie? Waar was God? Waar is God vandag in jou situasie?
 
Lees gerus in hierdie boek hoe God steeds wonderwerke doen. En hoe Hy die Erasmus- en Fouriegesin op 'n wonderbaarlike wyse saamgesnoer het om as een gesin saam die legkaart van hul lewe te voltooi en daardeur elkeen hul goddelike roeping uit te leef.
 
Die skrywer doen 'n beroep op jou as leser om jou oop te stel vir God se plan met jou lewe – en om dan te begin lewe!

1 comment:

  1. ek stel belang om die boek van Cobus A Erasmus Stukkend lewe na die doodskoot....

    gerda wessels
    wes.gerda@gmail.com

    ReplyDelete