Wednesday, July 6, 2011

Ervaringsleer kook! - Roelf Opperman, Fritz Snyman en Roger Greenaway

Die tyd waarin ons leef  dwing ons om nuut te dink oor hoe ons feite aan mense behoort oor te dra. Die dae waar ons lesings aangebied het met truprojektors en blaaiborde word nou vervang met ’n interaktiewe meedoen – ’n ervaring waaruit geleer word. Ervaringsleer help jou om op ’n vars en nuwe manier te werk. “Ervaringsleer kook” is ’n praktiese handleiding vir predikante, opvoeders, jeugwerkers en ander fasiliteerders wat op ’n opwindende nuwe manier by groepe mense wil uitkom. In die boek word 34 aktiwiteite beskryf en 50 maakpas temas aangeraak. Die groot winspunt vir my van die boek is dat dit die fasiliteerder help om geloofs- en lewenswaarhede by die groep vas te lê.

Dit is ’n Ervaring om die boek in die hand te neem en te sien watter verskil die aktiwiteite in mense se lewens maak!

No comments:

Post a Comment