Wednesday, July 6, 2011

In die Kloue van die Draak – Hanno den Boer


DIT IS ‘N BEKENDE STORIE
Lank terug was daar’n dorpie wat baie swaar gekry het onder ‘n draak wat daar naby gewoon het. Op ‘n dag kom daar toe ‘n ridder aan. Hy het by die draak se grot in gegaan, die draak verslaan, en so die dorpie van die draak bevry. Die mense was baie bly, en het hom as ‘n held vereer.

Maar sê nou net dit was nie ‘n ridder wat by die draak se grot in gegaan het nie. Sê nou dit was maar net ‘n klein weerlose seuntjie. Sonder die krag, ervaring, panserpak en wapens van ‘n ridder, is hy heeltemal magteloos teen die draak. Wat gaan hy doen? Wat gaan die draak met hom doen? Sonder enige manier om homself te verdedig, sal die draak hom mos verseker doodmaak. Of sal hy?

2 comments:

  1. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  2. Vir meer inligting oor die storie, waar om die boek te kry, of om die eerste 6 bladsye gratis te lees, gaan na:
    http://www.klouevandiedraak.blogspot.com/

    ReplyDelete